Epsilon Indi
Epsilon Indi (ε Ind, ε Indi) is ’n veelvoudige ster sowat 12 ligjare van die Aarde af in die sterrebeeld Indiër (Indus). Dit bestaan uit ’n klas K-tipe hoofreeksster, ε Indi A, en twee bruin dwerge, ε Indi Ba en ε Indi Bb, in ’n wye wentelbaan om A. Die bruin dwerge is in 2003 ontdek.
Epsilon Indi
| ||||
Die ligging van Epsilon Indi (in die rooi sirkel). | ||||
Sterrebeeld | Indiër | |||
Spektraaltipe | K5V / T1V / T6V | |||
Soort | Veelvoudige ster | |||
Waarnemingsdata (Epog J2000) | ||||
Regte klimming | 22h 03m 21,6571s | |||
Deklinasie | −56° 47′ 09,514″ | |||
Skynmagnitude (m) | 4,69 | |||
B-V-kleurindeks | 1,056 ± 0,016[1] | |||
U-B-kleurindeks | 1,00[2] | |||
Besonderhede | ||||
Massa (M☉) | A / Ba / Bb: 0,762 / 0,066 / 0,047 | |||
Radius (R☉) | 0,732 / 0,08 / 0,08 | |||
Ligsterkte (L☉) | 0,22 | |||
Ouderdom (jaar) | 1,3 miljard | |||
Temperatuur (K) | 4 630 (ε Ind A) | |||
Afstand (ligjaar) | 11,83 | |||
Eienskappe | ||||
Veelvoudigheid | Drievoudige stelsel | |||
Ander name | ||||
CP(D) −57°10015, GCTP 5314.00, GJ 845, HD 209100, HIP 108870, HR 8387, LHS 67, SAO 247287, FK5 825, UGP 544.[3] | ||||
|
Waarneming
wysigDie sterrebeeld Indiër het in 1603 die eerste keer in Johann Bayer se hemelatlas, Uranometria, verskyn. In die 1801-steratlas Uranographia, deur Johann Elert Bode, word Epsilon Indi aangedui as een van die pyle in die linkerhand van die Indiër.[4]
In 1847 het Heinrich Louis d'Arrest die posisie die van ster in verskeie katalogusse tot so ver terug as 1750 bestudeer en ontdek dit het ’n meetbare eiebeweging. Hy het dus gevind die ster het oor ’n tydperk van posisie verander.[5] In 1882–'83 is die parallaks van die ster in die Kaap die Goeie Hoop gemeet op sowat 0,22 ± 0,03 boogsekondes.[6] In 1923 het Harlow Shapley van die Harvard-sterrewag ’n parallaks van 0,45 boogsekondes gemeet.[7]
Eienskappe en metgeselle
wysigEpsilon Indi A is ’n hoofreeksster van spektraaltipe K4,5V. Sy massa is net sowat driekwart van die Son s'n.[8] Sy oppervlakswaartekrag is effens groter as die Son s'n[2] en sy metaalinhoud sowat 87% van die Son s'n.[9] Sy sterwind skep ’n boogskok tot op 63 astronomiese eenhede (AE) van die ster af.[10]
Epsilon Indi het die derde grootste eiebeweging van sterre wat met die blote oog gesien kan word naas Groombridge 1830 en 61 Cygni,[11] en die negende grootste van alle sterre.[12] Vanweë dié beweging sal dit omstreeks 2640 n.C. in die sterrebeeld Toekan inbeweeg.[13] Dit is waarskynlik deel van die bewegende ε Indi-groep van minstens 16 populasie I-sterre[14] wat moontlik op dieselfde tyd en plek ontstaan het.[15]
In Januarie 2003 het sterrekundiges die ontdekking van ’n bruin dwerg met ’n massa van 40 tot 60 Jupiter-massas in ’n wentelbaan om Epsilon Indi aangekondig.[4][16] In Augustus 2003 het sterrekundiges ontdek die bruin dwerg is eintlik ’n dubbelster, sowat 2,1 AE van mekaar af met ’n wentelperiode van sowat 15 jaar.[17][18] Albei bruin dwerge is van spektraalklas T; die een met die grootste massa, ε Indi Ba, van spektraaltipe T1 V–T1,5 V en die ander een, ε Indi Bb, van tipe T6 V.[18]
Die meting van die radiale snelheid van Epsilon Indi in 2002[19] dui ’n neiging aan wat op ’n eksoplaneet kan dui met ’n wentelperiode van langer as 20 jaar. Dit het waarskynlik ’n massa van 1,6 Jupiter-massas en is rofweg 6,5 AE van die ster af. Dit kan egter ook ’n eksotiese steroorblyfsel wees.[20]
Sien ook
wysigVerwysings
wysig- ↑ van Leeuwen, F. (2007). "Validation of the new Hipparcos reduction". Astronomy and Astrophysics. 474 (2): 653–664. arXiv:0708.1752. Bibcode:2007A&A...474..653V. doi:10.1051/0004-6361:20078357.
- ↑ 2,0 2,1 Kollatschny, W. (1980). "A model atmosphere of the late type dwarf Epsilon INDI". Astronomy and Astrophysics. 86 (3): 308–314. Bibcode:1980A&A....86..308K.
- ↑ "SIMBAD Query Result: LHS 67 -- High proper-motion Star" (in Engels). Centre de Données astronomiques de Strasbourg. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 Desember 2019. Besoek op 11 Julie 2007.
- ↑ 4,0 4,1 Scholz, Ralf-Dieter; McCaughrean, Mark (13 Januarie 2003). "Discovery of Nearest Known Brown Dwarf" (in Engels). ESO. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 April 2009. Besoek op 2 Julie 2008.
- ↑ D'Arrest, M. (1847). "On proper motion of ε Indi". Monthly Notices of the Royal Astronomical Society. 8: 16. Bibcode:1847MNRAS...8...16D.
- ↑ Callandreau, O. (1886). "Revue des publications astronomiques. Heliometer determinations of Stellar parallax, in the southern hemisphere, deur David Gill en W.L. Elkin". Bulletin Astronomique (in Frans). 2 (1): 42–44. Bibcode:1885BuAsI...2...42C.
- ↑ Shapley, Harlow (1923). "Epsilon Indi". Harvard College Observatory Bulletin. 789 (789): 2. Bibcode:1923BHarO.789Q...2S.
- ↑ Research Consortium on Nearby Stars, Georgia State University (1 Januarie 2012). "The 100 nearest star systems". RECONS. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 Mei 2012. Besoek op 11 Junie 2012.
- ↑ Demory, B.-O. (Oktober 2009). "Mass-radius relation of low and very low-mass stars revisited with the VLTI". Astronomy and Astrophysics. 505 (1): 205–215. arXiv:0906.0602. Bibcode:2009A&A...505..205D. doi:10.1051/0004-6361/200911976.
- ↑ Müller, Hans-Reinhard; Zank, Gary P. (2001). "Modeling the Interstellar Medium-Stellar Wind Interactions of λ Andromedae and ε Indi". The Astrophysical Journal. 551 (1): 495–506. Bibcode:2001ApJ...551..495M. doi:10.1086/320070.
- ↑ Weaver, Harold F. (1947). "The Visibility of Stars Without Optical Aid". Publications of the Astronomical Society of the Pacific. 59 (350): 232–243. Bibcode:1947PASP...59..232W. doi:10.1086/125956.
- ↑ "High Proper Motion Stars: Interesting Areas to View" (in Engels). ESA. 4 Mei 2007. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 Augustus 2016. Besoek op 10 Augustus 2006.
- ↑ p. 296, Patrick Moore's Data Book of Astronomy, Patrick Moore en Robin Rees, Cambridge, Cambridge University Press, 2011.
- ↑ Eggen, O. J. (1971). "The zeta Herculis, sigma Puppis, ε Indi, and eta Cephei Groups of Old Disk Population Stars". Publications of the Astronomical Society of the Pacific. 83 (493): 251–270. Bibcode:1971PASP...83..251E. doi:10.1086/129119.
- ↑ Kollatschny, W. (1980). "A model atmosphere of the late type dwarf Epsilon INDI". Astronomy and Astrophysics. 86 (3): 308–314. Bibcode:1980A&A....86..308K.
- ↑ Scholz, R.-D.; McCaughrean, M.J.; Lodieu, N.; Kuhlbrodt, B. (Februarie 2003). "ε Indi B: A new benchmark T dwarf". Astronomy and Astrophysics. 398 (3): L29–L33. arXiv:astro-ph/0212487. Bibcode:2003A&A...398L..29S. doi:10.1051/0004-6361:20021847.
{{cite journal}}
: AS1-onderhoud: meer as een naam (link) - ↑ Volk, K.; Blum, R.; Walker, G.; Puxley, P. (2003). "epsilon Indi B". International Astronomical Union Circular. IAU. 8188 (8188): 2. Bibcode:2003IAUC.8188....2V.
{{cite journal}}
: AS1-onderhoud: meer as een naam (link) - ↑ 18,0 18,1 King, R.R. et al. (Februarie 2010), "ɛ Indi Ba, Bb: a detailed study of the nearest known brown dwarfs", Astronomy and Astrophysics 510, doi:10.1051/0004-6361/200912981, Bibcode: 2010A&A...510A..99K
- ↑ Endl, M.; Kürster, M.; Els, S.; Hatzes, A.P.; Cochran, W.D.; Dennerl, K.; Döbereiner, S. (2002). "The planet search program at the ESO Coudé Echelle spectrometer. III. The complete Long Camera survey results". Astronomy and Astrophysics. 392 (2): 671–690. arXiv:astro-ph/0207512. Bibcode:2002A&A...392..671E. doi:10.1051/0004-6361:20020937.
{{cite journal}}
: AS1-onderhoud: meer as een naam (link) - ↑ Janson, M. (10 Augustus 2009). "Imaging search for the unseen companion to ε Ind A – improving the detection limits with 4 μm observations". Monthly Notices of the Royal Astronomical Society. 399 (1): 377–384. arXiv:0906.4145. Bibcode:2009MNRAS.399..377J. doi:10.1111/j.1365-2966.2009.15285.x.
Eksterne skakels
wysig- "Discovery of Nearest Known Brown Dwarf" (eso0303 : 13 Januarie 2003)
- "Closest Known Brown Dwarf has a Companion". SpaceRef.ca. 19 September 2003. Besoek op 28 Junie 2008.
- "Epsilon Indi". SolStation. Besoek op 28 Junie 2008.
- Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia