Erica remota

plantspesie

Erica remota is 'n plant wat tot die genus Erica behoort en deel is van die fynbos. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en kom in die Riviersonderendberge voor. Hier word daar een populasie van minder as 250 plante aangetref, wat in 'n gebied van kleiner as 1 km² voorkom. Die habitat word bedreig deur indringerplante soos die hakea, acacia en pinus-spesies en die voorkomsarea word stelselmatig kleiner.

Erica remota
Wetenskaplike klassifikasie edit
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Plantae
Klade: Tracheofiete
Klade: Angiospermae
Klade: Eudicots
Klade: Asterids
Orde: Ericales
Familie: Ericaceae
Genus: Erica
Spesie:
E. remota
Binomiale naam
Erica remota
(N.E.Br.) E.G.H.Oliv., (2000)
Sinonieme
  • Scyphogyne remota N.E.Br.

Sien ook

wysig

Bronne

wysig