Ploegbreker

(Aangestuur vanaf Erythrina zeyheri)

Die ploegbreker (Erythrina zeyheri, vernoem na Karl Zeyher) is 'n bladwisselende dwergstruik van Botswana, Lesotho, Suid-Afrika en Zimbabwe wat niks hoër as 60 cm groei nie.[1] Hulle is eintlik ondergrondse koraalbome[2] en hulle naam verwys na die feit dat 'n ploeg dikwels breek indien dit op so 'n ondergrondse boom stoot.

Ploegbreker
In Krugersdorp
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
(geen rang):
(geen rang):
(geen rang):
Orde:
Familie:
Subfamilie:
Genus:
Spesie:
E. zeyheri
Binomiale naam
Erythrina zeyheri
Harv., (1862)
Sinonieme
  • Corallodendron zeyheri (Harv.) Kuntze

Die peulplant is inheems aan die sentrale plato, waar dit wydverspreid voorkom in grasveld.[3] Hulle groei in kleigrond en soms sandgrond, in die nabyheid van spruite en vleie, waar hulle in kolonies kan voorkom.[1]

Die haarlose, drieledige blare het skerp gekromde stekels langs die hoofas en groter syare,[4] wat aan die ondersy opgehewe is. Die lote en blare word jaarliks uitgestoot, en sterf weg tydens strawwe hoëveldse winters,[1] wanneer die plant oorleef as 'n aansienlike knolagtige wortelstok met kort bogrondse stingels. Bloeiwyses word in die somer voortgebring, van Oktober tot Januarie.[1] Die hangende skarlakenkleurige, of by uitsondering wit,[4] blomme het rooi blomkelke.

Die vrugte is gladde, swart peule, wat elk 'n paar harde, oranjerooi sade bevat.[1][4]

Dit is 'n voedselplant vir die mot Terastia margaritis.[5]

Verwysings

wysig
  1. Jump up to: 1,0 1,1 1,2 1,3 1,4 Elliot Lithudzha, K Behr,. "Erythrina zeyheri". plantzafrica.com (in Engels). Suid-Afrikaanse Nasionale Biodiversiteitsinstituut. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 November 2016. Besoek op 19 Desember 2012.{{cite web}}: AS1-onderhoud: ekstra leestekens (link) AS1-onderhoud: meer as een naam (link)
  2. Botanic Notables: The Immortal Underground Forest Anna Laurent Garden Design.
  3. Verslae uit Botswana en Zimbabwe word betwis, kyk: "Erythrina latissima E. Mey. (Notas)". Flora Zambesiaca. kew.org. Besoek op 21 Desember 2012.
  4. Jump up to: 4,0 4,1 4,2 van Wyk, Braam (1988). Veldgids tot die Veldblomme van die Witwatersrand en Pretoria. Cape Town: Struik. pp. 206–207. ISBN 0-86977-815-3.
  5. Goff, R. "Terastia margaritis". African Moths (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Desember 2017. Besoek op 21 Desember 2012.

Eksterne skakels

wysig