FC Anker Wismar
Volledige naam | Fußball-Club Anker Wismar von 1997 e.V. |
Stigtingsdatum | 1997 |
Tuisveld | Kurt Bürger-stadion, Wismar |
Kapasiteit | 8 000 |
Kompetisie | Oberliga Noordoos-Noord |
FC Anker Wismar is 'n sokkerklub uit Wismar in die deelstaat Mecklenburg-Voorpommere in Duitsland.
Geskiedenis
wysigDie Tweede Wêreldoorlog het 'n vernietigende uitwerking op sportklubs in Wismar gehad, deurdat die Geallieerdes alle sportklubs ontbind het. Voor die oorlog het die stad se klubs sterk vertonings gelewer, byvoorbeeld FC Elite Wismar en Wismarer FC, wat in die vroeë 1900’s in die hoogste streeksligas meegeding het, asook Germania Wismar, wat die stad se vaandel gedra het tot in die 1930’s. Tussen 1942 en 1945 het TSV Wismar in die Gauliga Mecklenburg meegeding op die hoogste vlak van die Duitse sokkerstruktuur.
Na die oorlog is 'n nuwe klub eers in 1946 gestig genaamd SG Wismar-Süd. Die klub het sy grootste prestasie in 1949 gelewer toe daar na die DDR Oberliga, die topliga van die DDR, gepromoveer is. Om die klub vir hierdie liga te versterk, het die owerhede hom laat saamsmelt met BSG Schiffreparatur om Zentralsportgemeinschaft (ZSG) Anker Wismar te vorm. Die klub het ook sy intrek by die Kurt Bürger-stadion, destyds met plek vir 15 000 toeskouers, geneem. Die klub het na een seisoen gerelegeer en kon hierna nooit weer hierdie hoogtes bereik nie, alhoewel daar heelwat seisoene op die tweede vlak deurgebring is. In 1950 is die naam Betriebssportgemeinschaft (BSG) Anker Wismar aangeneem, maar in 1951 het BSG Schiffreparatur weer 'n onafhanklike klub geword, waarna die naam verander is na BSG Motor Wismar. Daar is op 3 Februarie 1961 wéér met BSG Schiffreparatur saamgesmelt om hierdie keer TSG Wismar te vorm.
Die huidige klub het op 12 Junie 1997 ontstaan toe die sokkerafdeling van TSG Wismar met SV Schifffahrt/Hafen Wismar 1961 saamgesmelt het. Die stigters het die besluit om die ou naam “Anker” weer terug te bring as volg gemotiveer:
Wir wollen, dass der Fußball-Sportplatz in Wismar wieder zu einer Begegnungsstätte wird, wo Freude, Spannung, Spaß und Erholung geboten werden. Die Jugend soll sich über einen leistungsstarken Fußballverein mit Wismar identifizieren können und darin einen Sinn für Fan, Sport und Freizeit sehen. Dazu werden wir den FC Anker Wismar gründen. Sportliches Ziel ist es langfristig die Traditionsstadt Wismar, die der Name "Anker" in der höchsten Spielklasse in den Jahren 1949 und 1951 im Fußball repräsentierte wieder so stark werden zu lassen, dass er leistungsfähig, attraktiv für die Jugend und ein Aushängeschild der Hansestadt Wismar wird. Wismar hat viele Fußballer hervorgebracht, die in den Nationalmannschaften eine sehr gute Rolle spielten und weit über die Grenzen hinaus international auch Wismar bekannt machten.
Onlangse ligaposisionering
wysig
TSG Wismar
FC Anker Wismar
|
|
Eksterne skakels
wysigOberliga Noordoos-Noord 2010/11-seisoen | |
SV Altlüdersdorf | Berlin AK 07 | Tennis Borussia Berlyn | BFC Dynamo | 1. FC Union Berlyn II | Brandenburger SC Suid 05 | Lichterfelder FC | Ludwigsfelder FC | Malchower SV 90 | TSG Neustrelitz | FSV Optik Rathenow | Reinickendorfer Vosse | FC Hansa Rostock II | Germania Schöneiche | Torgelower SV Greif | FC Anker Wismar | |