FSV 63 Luckenwalde
Volledige naam | Fußballsportverein 63 Luckenwalde e.V. |
Stigtingsdatum | 1963 |
Tuisveld | Werner Seelenbinder-stadion, Luckenwalde |
Kapasiteit | 3 000 |
Kompetisie | Oberliga Noordoos-Noord |
FSV 63 Luckenwalde is 'n sportklub uit Luckenwalde in die deelstaat Brandenburg in Duitsland. Behalwe sokker, het die klub ook 'n afdeling vir tafeltennis.
Geskiedenis
wysigDie klub is in 1963 gestig as 'n samesmelting van die sokkerafdelings van die klubs BSG Motor Luckenwalde en BSG Fortschritt Luckenwalde onder die naam TSV Luckenwalde. Die klub het in 1990 die huidige benaming aangeneem.
BSG Motor Luckenwalde
wysigDie klub is in 1906 gestig as BV 06 Luckenwalde. Die klub se grootste prestasie was om na 1933 in die Gauliga Berlyn-Brandenburg mee te ding op die hoogste vlak van die Duitse sokkerstruktuur. Die klub het ook in 1924 en 1928 die eindstryd van die Berlynse uitklopbeker gehaal, maar elke slag teen Hertha BSC Berlyn vasgeval.
In 1945 is die klub deur die Geallieerdes ontbind en later herstig as SG Luckenwalde-Süd. Hierna is die klub by ZSG Luckenwalde ingelyf, maar het later weer onafhanklik geraak as TEWA Luckenwalde. Die naam het later verander na BSG Motor Luckenwalde.
BSG Fortschritt Luckenwalde
wysigDie klub is in 1906 as Luckenwalder TS gestig. As 'n arbeidersklub het die klub voor 1933 in die ATSB se ligas meegeding en groot sukses behaal. In 1933 is die klub, tesame met alle ander arbeidersorganisasies in die Derde Ryk, deur die Nazi‘s ontbind en in 1934 as 1. Luckenwalder SV herstig. In 1945 is die klub weer deur die Geallieerdes ontbind en later herstig as SG Luckenwalde-Nord. Hierna is die naam verskeie kere verander, eers na Konsum Luckenwalde, daarna na Industrie Luckenwalde en eindelik na BSG Fortschritt Luckenwalde.
Onlangse ligaposisionering
wysig
|
|
Eksterne skakels
wysig- Amptelike klubwerf Geargiveer 25 November 2009 op Wayback Machine
Oberliga Noordoos-Noord 2009/10-seisoen | |
Berlin AK 07 | BFC Dynamo | Brandenburger SC Suid 05 | Energie Cottbus II | |