Ixia maculata
Plantspesie
(Aangestuur vanaf Frieskalossie)
Die Frieskalossie (Ixia maculata) is 'n meerjarige blomplant en geofiet wat tot die genus Ixia behoort en deel is van die fynbos. Die plant is endemies aan die Wes-Kaap en kom van Piketberg tot by Durbanville en Bloubergstrand voor. Die plant het 'n voorkomsgebied van 6 201 km2. Die spesie het van sy habitat afgestaan aan gewasverbouing soos graan, wingerde, sitrus, Rooibos en aartappels.
Frieskalossie | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eensaadlobbiges |
Orde: | Asparagales |
Familie: | Iridaceae |
Genus: | Ixia |
Spesie: | I. maculata
|
Binomiale naam | |
Ixia maculata | |
Sinonieme | |
|