Denel G5-kanon
Die G5-kanon is 'n Suid-Afrikaanse gesleepte kanon van 155 mm kaliber wat in Suid-Afrika ontwerp en ontwikkel is deur Denel Land Systems. Die G5 se ontwerp is gebaseer op die Kanadese GC-45 155 mm kanon wat hoogs gewysig is om by Suider-Afrikaanse omstandighede aan te pas.
G5 op uitstalling | |
Tipe | Houwitzer |
---|---|
Oorsprong | Suid-Afrika |
Diensgeskiedenis | |
In gebruik | 1983 – huidig |
Gebruik deur | Weermagte van Suid-Afrika, Israel, Irak, Oman en Maleisië |
Oorloë | Suid-Afrikaanse Grensoorlog Iran–Irakoorlog Golfoorlog |
Produksiegeskiedenis | |
Ontwerper | Lyttleton Engineering Works |
Ontwerp | 1976 – 1983 |
Vervaardiger | Denel Land Systems |
Vervaardig | 1982 – huidig |
Spesifikasie | |
Massa | 13,750 kg (30,313 lb) |
Lengte | 9.5 m |
Looplengte | 6.975 m L/45 |
Wydte | 3.3 m |
Hoogte | 2.1 m |
Bemanning | 8 artilleriste |
Rondte | Hoë plofkrag |
Kaliber | 155 mm (6.10 duim) |
Bruglaai | Semi-outomatiese beperkte skroef |
Wa | Gesplete sleepstang |
Righoek | -3° tot +75° |
Rigbaan | Tot op 15°: 82° Bokant 15°: 65° |
Vuurtempo | 3 rondtes/minuut |
Trompsnelheid | 897 m/s |
Maksimum vuurafstand | Standaard:30 km Basissnitdoppe: 39 km VLAP: 50 km[1] |
Voermetode | Bruggelaai per hand |
Produksiegeskiedenis
wysigTydens die Angolese Bosoorlog, het die Suid-Afrikaanse Weermag hulself benadeeld bevind wanneer hulle 'n vyand aangeval het wat toegerus was met langreikafstand Sowjet-vuurpylartillerie, bv. die Stalin-orrel. Laasgenoemde het Suid-Afrika se ouer 5.5-duim kanonne met 'n aansienlike marge in reikafstand en akkuraatheid oortref.[2] Dit het gelei tot die uitreiking van 'n behoefteverslag vir 'n nuwe artilleriestelsel sowel as ammunisiestelsels, 'n kanontrekker, vuurbeheertoerusting en -rekenaarstelsels.[3]
Suid-Afrika was sedert 1963 weens sy apartheidbeleid onder 'n wapenverbod deur die Verenigde Nasies geplaas. Dit het tot die skepping van die plaaslike Krygkor militêre produksiebedryf gelei, wat die wapenverbod omseil het deur self wapenstelsels vir Suid-Afrika se behoeftes te ontwikkel en te produseer. Krygkor het gereageer op die weermag se behoefte en ontwikkeling in 1976 begin deur 'n aantal bestaande ontwerpe te evalueer en voorbeelde te verkry in oortreding van die wapenverbod. As 'n tussentydse wapenstelsel en as oorbrugging gedurende die plaaslike produksieproses, is 'n aantal Soltam 155 mm M-71 kanonne van Israel verkry en in diens gestel as die G4-houwitser.[3]
Verdere variasies
wysigMet die gebruik van normale verlengde reikafstandammunisie (ERBF) is die reikafstand 30 km, wat verleng kan word tot sowat 39,6 km met behulp van basissnitdoppe, of 50 km deur die gebruik van vuurpylgesteunde V-LAP rondtes. In 2002 het Denel die G5-2000 weergawe begin vervaardig, met 'n veel groter reikafstand en akkuraatheid as die vorige 45-kaliber weergawe.
Die G5 kanon is op 'n "OMC" 6x6-onderstel geplaas om die tenvolle selfaangedrewe G6-kanon te produseer, en het groot verkope behaal in die Verenigde Arabiese Emirate en Oman. In reaksie op 'n versoek van Indië is dit is ook op die rug van 'n Tatra 8x8-wielvragmotor getoets, 'n kombinasie wat bekend staan as die T5-2000.
Verwysings
wysigWikimedia Commons bevat media in verband met G5 howitzer. |
- ↑ Denel (2004-09-03). "G5 155mm Towed Gun/Howitzer". Persberig. http://www.denel.co.za/Landsystems/LS_ArtillerySysG5.pdf.
- ↑ The Encyclopedia of World Military Weapons 1988. ISBN 0-517-65341-9
- ↑ 3,0 3,1 Jane's Armour and Artillery 1996-97. Janes Information Group. 1996. p. 697. ISBN 9780710613745.
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal. |