Gaele
Die Gaele (Iers-Gaelies: Na Gaeil, [ɡeːl]; Skots-Gaelies: Na Gàidheil, [ˈkɛː.el]; Manx-Gaelies: Ny Gaeil, [ge:l]), ook bekend as die Goidels, is ’n etnolinguistiese groep wat inheems is aan Noordwes-Europa. Hulle word verbind met die Gaeliese tale, ’n tak van die Keltiese tale wat Iers-Gaelies, Manx-Gaelies en Skots-Gaelies insluit. Soms word hulle ook Iere of Skotte genoem, maar die omvang van laasgenoemde nasionaliteite is vandag veel meer kompleks.
Gaele | |
---|---|
An Gal Gréine, 'n tradisionele Gaeliese simbool, die eerste keer genoem in die Fiannaíocht. | |
Totale bevolking: | ca. 1,9 miljoen (linguisties) |
Belangrike bevolkings in: | Ierland 1 770 000 (linguisties)[1] Verenigde Koninkryk 122 518 (linguisties)[2] |
Taal: | Iers-Gaelies • Skots-Gaelies • Manx-Gaelies (Nie-Gaelies: Engels • Spaans • Skots) |
Geloofsoortuiging: | Christendom • ongebonde (histories: Paganisme) |
Verwante etniese groepe: | Noors-Gaele • Oud-Engelse in Ierland |
Die Gaeliese tale en kultuur het in Ierland ontstaan en daarna versprei na Dál Riata in Suidwes-Skotland. In die Middeleeue het hulle ’n oorheersende bevolking in Skotland en op die eiland Man geword. In die meeste gebiede het die Gaele egter geleidelik verengels en is die Gaeliese tale deur Engels vervang. Die moderne afstammelinge van die Gaele is deur ’n groot deel van Brittanje versprei, asook tot so ver as die Amerikas en Oseanië.
Verwysings
wysig- ↑ "Census 2011: 1.77m say they are able to speak Irish" (in Engels). The Journal. 7 Februarie 2014. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 April 2020.
- ↑ "Census 2011: Key Statistics for Northern Ireland" (PDF) (in Engels). Northern Ireland Statistics and Research Agency. 7 Februarie 2014. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 29 Januarie 2017.
- ↑ (en) Osbourn 2006, p. 204.
- ↑ "National Household Survey (NHS) 2011" (in Engels). Statistics Canada. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 April 2020. Besoek op 7 Februarie 2015.
- ↑ "The Irish language in Australia: sociocultural identity in diasporic minority language use" (in Engels). Jill Vaughan. 7 Februarie 2015. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 April 2020.
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Gaele.