Garrard Conley is 'n LGBTQ-aktivis en die skrywer van Boy Erased: A Memoir van 2016 waarin hy vertel van sy kinderjare in 'n fundamentalistiese gesin in Arkansas wat hom inskryf vir konversieterapie. Die boek is aangepas vir die 2018-rolpent Boy Erased,[1] met Lucas Hedges in die rol van Conley.[2]

Garrard Conley

Gebore 1984 of 1985 (39-40 jaar oud)
Merkwaardige werk Boy Erased: A Memoir
Land VSA
Taal Engels
Onderwerp Konversieterapie
Webtuiste garrardconley.com

Vroeë lewe

wysig

Conley se pa was 'n Baptisteprediker en voormalige motorverkoopsman. Garrard het sy seksualiteit jare lank met sy geloof probeer vereenselwig.[3] Hy het Lyon-kollege 'n semester lank bygewoon voordat hy huis toe teruggekeer het nadat 'n medestudent hom verkrag het.[4] Conley is in 2004 na Love in Action gestuur vir konversieterapie: die omstrede skynwetenskaplike praktyk om iemand se seksuele oriëntasie met sielkundige en spirituele ingrypings van homoseksueel in heteroseksueel te verander.[5]

By Love in Action het hy behandeling ondergaan by John Smid, wat later die organisasie verlaat en aangekondig het hy is steeds gay en dat hy nooit 'n man ontmoet het "wat van homoseksueel in heteroseksueel verander het nie".[6]

Loopbaan en persoonlike lewe

wysig

In 2016 het Conley Engels aan die Amerikaanse Universiteit van Sofia in Bulgarye doseer.[7] Nadat hy Boy Erased: A Memoir geskyf het, het hy sy nuutgevonde roem gebruik "om die publiek in te lig oor die mishandelende praktyk van konversieterapie".[3] Kort voor die uitreiking van die rolprent wat daarvan gemaak is, het Conley 'n podsending van vier episodes uitgereik met die titel UnErased: The History of Conversion Therapy in America.[8]

Hy is assistentprofessor in kreatiewe skryfwerk aan die Kennesaw-staatsuniversiteit[9] en woon saam met sy man in New York.[10][11]

Verwysings

wysig
  1. Galicia, Libni. "Brilliant film adaptation of Boy Erased by Joel Edgerton". The Mesa Press. Besoek op 13 Januarie 2023.
  2. "Makers of gay-conversion film say they don't want to 'throw God under the bus'". Washington Post (in Engels (VSA)). ISSN 0190-8286. Besoek op 13 Januarie 2023.
  3. 3,0 3,1 Reddish, David (14 Mei 2019). "Garrard Conley fought the ex-gay movement and found the courage to forgive". www.queerty.com. Besoek op 18 Junie 2019.
  4. "Gay Conversion Therapy Made Me Suicidal: The Powerful True Story Behind the Film 'Boy Erased'". People. Besoek op 17 Desember 2018.
  5. Brantley, Max (13 Februarie 2018). "The man behind 'Boy Erased,' an Arkansas experience coming to the screen soon". Arkansas Times. Besoek op 17 Desember 2018.
  6. Wayne Besen (12 Oktober 2011). "Former 'Ex-Gay' Activist Admits Gay People Don't Change". Falls Church News-Press. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 Oktober 2011. Besoek op 13 Oktober 2011.
  7. Borland, Bryan (19 Mei 2016). "A Q&A with Garrard Conley, author of Boy Erased". Arkansas Times. Besoek op 17 Desember 2018.
  8. "UnErased: The History of Conversion Therapy in America". Focus Features (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 Maart 2023. Besoek op 4 Januarie 2023.
  9. "KSU | Faculty Web - Garrard Conley". facultyweb.kennesaw.edu. Besoek op 10 Junie 2021.
  10. Kaufman, Hayley. "'Boy Erased' author Garrard Conley on his story's long road to the screen - The Boston Globe". Boston Globe. Besoek op 17 Desember 2018.
  11. "Gay Conversion Therapy Made Me Suicidal: The Powerful True Story Behind the Film 'Boy Erased'". Peoplemag (in Engels). Besoek op 4 Januarie 2023.

Skakels

wysig