Gebruikerbespreking:Dumbassman/argief2018/19

Argief Hierdie bladsy dien as 'n argief van ou besprekings. Moenie die inhoud van hierdie bladsy wysig nie. Indien u 'n nuwe bespreking wil begin, of by een van die oues hieronder wil aansluit, doen asseblief so voort op die huidige besprekingsblad.


Atlantiese Oseaan‎

Lyk of jy per ongeluk 'n klomp inligting uit die bladsy verwyder het. Sal waardeer as jy dit kan regmaak of jou verandering terugrol. Groete. Frank (kontak) 11:17, 21 September 2014 (UTC)Beantwoord

’n

Hoekom verander jy ’n na 'n? En rol dit weer terug as mens dit regmaak? Winston (kontak) 18:15, 2 Augustus 2018 (UTC)Beantwoord

Want dit dui aan dat dit nie geskryf is op Wikipedia nie. Hoekom rol jy dit terug as ek probeer die artikel verbeter? Dit was ook nie al veranderinge nie.Dumbassman (kontak) 18:32, 2 Augustus 2018 (UTC)Beantwoord

Jy het dit glad nie verbeter nie. Dis ook nie jou artikel sodat jy kan besluit hoe die ’n moet lyk nie. Winston (kontak) 18:44, 2 Augustus 2018 (UTC)Beantwoord
Jy is verkeerd. Ek verstaan glad nie jou punt nie. Besit jy die artikel? Besit jy die skryfstyl op die ensiklopedie? Dumbassman (kontak) 19:02, 2 Augustus 2018 (UTC)Beantwoord

Gradering

Rossouw, jy verwys na punte in al jou skaak artikels. Die regte woord is gradering, bv. Hy die hoogste gradering van 3000 punte gehad. Groete! Oesjaar (kontak) 15:57, 28 November 2018 (UTC)Beantwoord

Dankie vir die laat weet. Ek sal regmaak. Dumbassman (kontak) 17:16, 28 November 2018 (UTC)Beantwoord

Afrikaanse grammatika

Goeienaand Rossouw, die grammatika van jou Afrikaans volg dikwels die Engelse s'n. Gebruik jy 'n rekenaarvertaler? Ek weet, my Afrikaans toon 'n Duitse invloed. :) Groete. --   SpesBona 21:05, 28 Februarie 2019 (UTC)Beantwoord

Hallo, ek gebruik gereeld 'n masjienvertaler. Ongelukkig is my grammatika sleg... Sal meer noukerig wees. Dankie Dumbassman (kontak) 06:21, 1 Maart 2019 (UTC)Beantwoord
Goeienaand, die {{Commons}} maak net sin indien agter die | die regte naam van die Commonsbladsy staan. Daar is waarskynlik baie min bladsye op Commons met 'n Afrikaanse naam. Die meeste skakels is dus stukkend, veral by bladsye met hakkies in Afrikaans. Groete. --   SpesBona 21:40, 7 Maart 2019 (UTC)Beantwoord
Dankie vir die laat weet. Ek sal oor tyd regmaak. Geniet Dumbassman (kontak) 21:46, 7 Maart 2019 (UTC)Beantwoord

Hallo Dumbassman ek het dit terdee opgemerk, maar hoe verander mens dit na metafiksie?

Ek is 'n nuweling op Afrikaanse Wikipedia en geniet dit verskriklik om by te dra in my moedertaal. Daar is nog soveel om te doen! - Charlielv55 (kontak) 08:52, 8 Maart 2019 (UTC)Beantwoord

Hallo Gebruiker:Charlielv55, ek is vreeslik bly om te hoor jy geniet dit!!! Ek hoop jy word 'n aktiewe bydraer. 'n Admin sal die artikelnaam oor tyd regmaak. Ek het self al verkeerde name gegee vir artikels (en baie ander voute gemaak). Let so bietjie op wat mense aan jou artikels/wysigings verander, so het ek die meeste al geleer. Vra asb enige/so veel vrae soos wat jy het. Altyd lekker om vars bloed te kry hier. Geniet Dumbassman (kontak) 10:02, 8 Maart 2019 (UTC)Beantwoord

Dębica

Hallo daar, kan jy asb die artikel "Debica" verander na "Dębica" met die "ę"? Ek dink die artikel oor "Krzysztof Penderecki" verwys na die korrekte "Dębica" en nie die verkeerde "Debica" nie, so dus kan mens ook nie die skakel na die artikel "Debica" toe volg nie omdat dit verkeerd is en nie die "ę" Simbool bevat nie. Baie Dankie!! Charlielv55 (kontak) 11:08, 14 Maart 2019 (UTC)Beantwoord

Kom ons vra vir Gebruiker:K175. Ek is bly om te sien jy is aktief besig! Dumbassman (kontak) 14:30, 14 Maart 2019 (UTC)Beantwoord

Aantal artikels

Hallo ou, sal jy asseblief vir my 'n lys kan gee van die aantal artikels wat ek al geskryf het in AFRIKAANS (My laaste was Maurizio Pollini dink ek- Ek is so trots op my taal!!! Charlielv55 (kontak) 11:01, 20 Maart 2019 (UTC)Beantwoord

Hey my maat, jy kan hier gaan: Spesiaal:Bydraes/Charlielv55 om jou bydraes te sien, en dan kies "Slegs nuwe bladsye". Geniet! Dumbassman (kontak) 16:43, 20 Maart 2019 (UTC)Beantwoord

Wikipedia vertalings

Hallo Dumbassman

Jammer as ek jou die harnas ingejaag het met my onder-standaard vertalings. Ek gebruik rekenaarvertalings maar ek gaan dit deur en verander dit sodat die grammatika korrek is sover ek kan. Ek is net 'n enkel onderwyser ma wat vir 'n vertaling kompetisie in geskryf het om vir my en my twee tienerkinders dalk iewers nog inkomste te kan genereer. Sluitingsdatum is 31 Maart, so daarna sal ek nie meer vertaal nie, aangesien my vertalings ook nie goed genoeg vir Wikipedia is nie. Ek sal dan maar die vertalings oor laat aan die Afrikaans fundi's. - Jpeda (kontak) 10:51, 28 Maart 2019 (UTC)Beantwoord

Dankie Dumbassman (kontak) 19:48, 28 Maart 2019 (UTC)Beantwoord

Skryfweek Maandag, 23 September 2019 – Sondag, 29 September 2019

Hallo, Dumbassman, onthou asb. om onderwerpe te nomineer vir volgende week se skryfweek! Namibië loop tans voor, met Indonesië in die tweede plek! – K175 (gesels met my | my bydraes) 16:32, 22 September 2019 (UTC)Beantwoord

Terug na die gebruikerblad van "Dumbassman/argief2018/19".