Crystal Clear app file-manager.png
Argief
Na Argief


Hoe word 'n argief aangelê?
Vakman-
redakteur (1 jaar, 7500+ wysigings)
Toegeken deur Aliwal2012 op 31 Des 2019

Louise SmitWysig

Charlie, kan jy asb vir my bogenoemde uit die Engelse Wiki vertaal: [1]. Die tannie verjaar vandag, so 'n bietjie Suid-Afrikaanse inhoud! Groete! Oesjaar (kontak) 16:54, 2 Januarie 2020 (UTC)

  Uitgevoer - Groete, Charlielv55 (kontak) 19:40, 2 Januarie 2020 (UTC)

Dankie! Oesjaar (kontak) 20:30, 2 Januarie 2020 (UTC)
Dis 'n plesier Charlielv55 (kontak) 21:26, 2 Januarie 2020 (UTC)

VoltooiWysig

Naand Charlie, ek het Bargello klaar 100% vertaal maar dit geskuif na Bargello Nasionale Museum, wat 'n meer beskrywende titel is.

Jy kan dus maar die rooi inskrywing uitvee op jou gebruikersblad. Dankie, dit was pret! --Aliwal2012 (kontak) 20:48, 24 Januarie 2020 (UTC)

Vreeslik baie dankie Aliwal! Charlielv55 (kontak) 08:46, 26 Januarie 2020 (UTC)

Jou produksielynWysig

Dagsê Charlie!

Ek sien jy vorder fluks met jou vertalings! My siening is dat dit makliker is om direk (al is dit ook 'n rekenaarvertaling) te vertaal en te publiseer, as om 'n "vluggedagte" eers by jou lys Gebruiker:Charlielv55/sandput/xxxx te gaan stoor. Laasgenoemde lys stap nou al aan oor die 70 onafgeronde inskrywings.

My versoek aan jou is of ek daardie artikel-agterstand kan terugskakel na die Engelse/Nederlandse bronartikels op jou gebruikersblad. My rede daarvoor is dat bv. dié een Gebruiker:Charlielv55/sandput/Bryn Terfel 'n klomp goggas bevat wat elders op die af:wp 'n klokkie of tienker laat afgaan synde 'n korrupte invoer te wees. Kyk maar na al die rooi kategorieë onderaan (19 van hulle plus 'n sjabloon!) wat nie bestaan nie, juis omdat dit in 'n vreemde taal aangewend word.

Ek weet ons het gesê jou sandput is 'n "veilige hawe" waaruit jy rustig kan werk aan vertalings, maar die agterstand raak nou onhanteerbaar Charlie! As veteraanwikivertaler sou ek voorstel jy doen so 3 op 'n slag, niemand kan aan 70 gelyk aandag gee nie!

Ek wil jou nie hier afskrik, of intimideer nie, my bekommernis is slegs weens die tegniese aspek daarvan dat onvertaalde sjablone, beelde en kategorieë die wiki "bevuil" dat ek dit opgeruim wil sien. Ek sal bly wees as jy my toestemming kan gee om jou lys te herskryf, belowe niks van jou huidige plekhouers sal verdwyn nie!!

Wikigroete, --Aliwal2012 (kontak) 10:29, 4 Februarie 2020 (UTC)

Middag Aliwal - dankie vir jou boodskap. Jy kan maar voortgaan. Solank ek net nog steeds weet dat die artikels vertaal moet word, anders gaan ek vergeet. As dit teruggeskakel word na die bronartikel is dit dus in die haak, solank ek net weet dit is daar (dus 'n "reminder" het) en dat ek dit nog moet vertaal. Groete! Charlielv55 (kontak) 10:34, 4 Februarie 2020 (UTC)
Dankie, ek begin nou daarmee. Stem jy saam met my redenasie oor die "goggas" in daai raamwerke? Dit skep 'n oogseer vir jou andersins goeie werk. --Aliwal2012 (kontak) 11:07, 4 Februarie 2020 (UTC)

Eugene Louw→Gene LouwWysig

Môre Charlie,

Die politikus asook die laerskool se name is Gene Louw. Ek het die FB en webblad nagegaan

Jy verander nou talle goed na die Eugene-naam. Kan jy vir my dit staaf met 'n verwysing? Die ergste is jy skuif artikels na 'n verkeerde titel, dit maak dit moeilik om reg te stel. Groete, --Aliwal2012 (kontak) 07:19, 6 Maart 2020 (UTC)

Ekskuus, ek vra om verskoning. Ek het gevra, sien die besprekingsblad. Charlielv55 (kontak) 07:50, 6 Maart 2020 (UTC)

Proteïen-invouingWysig

Korrekte spelling is proteïen, nie protein nie. Korrigeer asb! --Aliwal2012 (kontak) 18:09, 16 Maart 2020 (UTC)

@Aliwal2012: - dankie - ek het kennis geneem. Groete, Charlielv55 (kontak) 08:50, 17 Maart 2020 (UTC)

Willem IV, prins van OranjeWysig

Charlie, daar is nog Engels in jou tabel vir bogenoemde. Vertaal asb vir ons. Groete! Oesjaar (kontak) 10:35, 10 Mei 2020 (UTC)

Hallo Oesjaar. Dit spyt my maar ek weet nie hoe om die sjablone na Afrikaans te verander nie. Jy sal oplet destyds met die artikel Willem I van Nederland het ek dieselfde probleme ondervind, en toe vir hulp gevra op die besprekingsbl. daarvan. Ek vermoed dieselfde probleem is ook aanwesig by Willem V, prins van Oranje. Moontlik kan K175 daarmee help, hy is mos 'n kenner dink ek as dit by sjablone en die meer tegniese aspekte kom. Laat weet maar wat gedoen kan word. Groete Charlielv55 (kontak) 10:53, 10 Mei 2020 (UTC)
Ja, hy is hardegat, ek kon een regmaak. Roep asb die kavallerie ... Groete! Oesjaar (kontak) 11:00, 10 Mei 2020 (UTC)
Dankie Oesjaar, ek waardeer. GroeteCharlielv55 (kontak) 11:08, 10 Mei 2020 (UTC)


George SorosWysig

Hi! I don't really speak Dutch or Afrikaans, but it shocked me when I used translator to read your article. Is it really a standard here to use that kind of wording? Please do something about this article. Cheers! Nadzik (kontak) 09:12, 23 Mei 2020 (UTC)

Charlie. Hierdie artikel is nie neutraal nie. Sobaka (kontak) 09:17, 23 Mei 2020 (UTC)
Good day Nadzik, what language are you referring to, is it because I dare speak the truth about this man? Or is censoring now official Wikipedia policy? Please be specific and I will see what I can do.
Vir die Afrikaanse gebruikers: Almal weet die man is 'n linkse opstoker, 'n ondermynende globalis met aaklige en kommunistiese agendas; die artikel kan BAIE erger wees. Moet ek dan oor koeitjies en kalfies skryf, en nie die waarheid praat nie, of mag 'n Wikipedia artikel oor die man nie krities wees nie? Is hy verhewe bo kritiek (dit lyk so, as ek kyk na artikels in ander tale wat die bedrieglike, volstruis-met-sy-kop-in-die-gat diskoers maar net slaafs napraat)
Ek wil nie moeilikheid vir die Afrikaanse projek veroorsaak nie [ek sien nou wel watter kant toe die wind waai, maar ten minste weet ek daar is nie eintlik fout met die Afrikaanse projek nie, die sensurering kom van BO], so indien julle (die administrateurs: Adriaan, Oesjaar, Gert) nie tevrede is nie, vee dit dan uit, dan gaan ek aan met my lys van nie-kontroversiële, 'sagte' artikels wat ek wil doen en vermy voortaan die "untouchables", soos bv. Robert Mueller, James Comey; James Clapper en ander skelms en sommer die hele korrupte Amerikaanse kabaal (establishment) (sien OBAMAGATE) en ook ander kontroversiële persone en onderwerpe, MAAR EK SAL NIE STILBLY NIE! (totdat julle my aansê om my bek te hou) Groete, Charlielv55 (kontak) 09:40, 23 Mei 2020 (UTC)

──────────────────────────────────────────────────────────────────────────────────────────────────── Thank you Sobaka!
Charlielv55, you should speak the truth, but only the proven one and as much neutral as possible. If anyone could read Afrikaans, it would be great. For now the English translation is "elocate 6 million illegal aliens into Europe, rather than Saudi Arabia or the Gulf states, which are richer countries and also geographically closer, with a common Islamic culture". Could you please define what is Ondersteuning vir die homoseksuele agenda (translated as Support for the gay agenda)? It isn't neutral and it breaks the Wikipedia pillars. Please neutralize this article. Cheers! Nadzik (kontak) 09:47, 23 Mei 2020 (UTC)

Nadzik, the "offensive" sentence was deleted and Ondersteuning vir die homoseksuele agenda was amended to read ondersteuning vir homoseksualisme. Do you have any other objections? Charlielv55 (kontak) 09:56, 23 Mei 2020 (UTC)
Charlielv55, die Afrikaanse Wikipedia is 'n Ensiklopedie en onder andere nie 'n blog ens. nie. Ek het jou gevra om die artikel Wat Afrikaans nie is nie te lees wat jy wel gedoen het. Ek is nie seker wat jy nie daarvan of wel daarvan verstaan nie, maar laat ek net benadruk dat artikels hier neutraal is, outeurs doen geen opsomming of gee 'n mening nie, jy ingesluit. Indien jy dit nie so aanvaar nie vra ek jou om hierdie gemeenskap te verlaat. Ons admin's gaan nie elke dag wil sensuur toepas omrede jy 'n politieke standpunt wil uitlig nie of iets soortgelyk nie, ons het baie ander verantwoordelikhede wat die gemeenskap nie sien nie. Jy neig al hoe meer en meer om kommentaar met 'n politieke geurtjie te gee....
Aan die positiewe kant, jy het goeie bydraes gemaak met die musikante en digters. Jou keuse.... Groete! Oesjaar (kontak) 10:10, 23 Mei 2020 (UTC)
Ek het te kenne gegee dat ek gehoor sal gee en sal voortgaan met my "kunssinnige" en letterkundige- artikels en -take. Ek het die "gewraakte" artikel verder gewysig; doen wat julle wil daarmee verder. En ja; ek moet sê, ek hou van politiek, sommer baie - eintlik is ek mal daaroor - en hou veral my oog op wat in die VSA aangaan, die belaglike "sirkus" hier kan niemand werklik opgewonde maak nie. Groete en 'n heerlike naweek vir jou. Charlielv55 (kontak) 10:22, 23 Mei 2020 (UTC)
Dankie en hou asb menings buite Wiki-verwante dinge vir jouself, hierdei is nie die plek daarvor nie. Groete! Oesjaar (kontak) 10:47, 23 Mei 2020 (UTC)

Carla PohlWysig

Kan jy dalk iets oor die dame bymekaar kry? Sien Huberte Rupertprys vir Klassieke Musiek. Oesjaar (kontak) 13:06, 24 Mei 2020 (UTC)

Hallo, ek het opgemerk sy is as wenner deur die akademie aangewys - https://maroelamedia.co.za/afrikaans/sa-akademie-pryse-vir-2020-toegeken/ - en dat sy op die Afrikaanse Wikipedia se lys van bekende Suid-Afrikaners is. Die probleem is egter dat daar nie 'n ooreenstemmende artikel in 'n ander taal bestaan wat as bron of ten minste as verwysingspunt kan dien nie. Ek kan die artikel nuut skep en bronne gaan opsoek en self my eie, oorspronklike navorsing doen, maar dit word verbied as ek reg onthou; dit blyk 'n tameletjie te wees; maar nietemin verneem ek graag van jou in verband met enige voorstelle of rigtingaanwysers, indien enige, wat jy dalk mag hê. Groete.Charlielv55 (kontak) 13:18, 24 Mei 2020 (UTC)
Hou op met jou kinderlikheid. Carla Pohl is nie polities sover my kennis strek nie. Oesjaar (kontak) 13:29, 24 Mei 2020 (UTC)
Ek is uit die veld geslaan; waar op aarde kom jy uit met jou aantygings! Moenie skoor soek met my nie asseblief, ek het hoegenaamd niks van politiek gepraat nie! Ek het jou ordentlik meegedeel dat sover my kennis strek oorspronklike navorsing verbied word, en jou ordentlik gevra om voorstelle. Is ek reg of verkeerd, of verstaan ek die begrip "oorspronklike navorsing" verkeerd. Charlielv55 (kontak) 13:43, 24 Mei 2020 (UTC)
Kom ons vergeet die gesprek...
@Oesjaar: - ek het aan Werner Nel geskaaf en ook sommer toe die operasanger Kobie van Rensburg, wat nogal 'n vername man in die buiteland is, bygevoeg. Hy en Nel het lyk my saam aan die PU vir CHO studeer. GroeteCharlielv55 (kontak) 15:04, 24 Mei 2020 (UTC)

Werner NelWysig

Kan jy asb hier rond kyk vir meer inligting? Oesjaar (kontak) 13:12, 24 Mei 2020 (UTC)

Hi, dis reg so ek sit dit op my lys van bywerkings en sal mettertyd daarby uitkom. GroeteCharlielv55 (kontak) 13:19, 24 Mei 2020 (UTC)

Lys van Suid-Afrikaanse musikanteWysig

Gebruiker:Charlielv55, terwyl jy aan die rol is met die musikante, moontlike projekte vorentoe vir jou: daar is nog 'n klompie rooi skakels op die lys... Groete! Oesjaar (kontak) 10:38, 25 Mei 2020 (UTC)

Dis reg so dankie Oesjaar. Sal probeer om so met die tyd saam aandag daaraan te gee.Charlielv55 (kontak) 11:17, 25 Mei 2020 (UTC)
Sal waardeer word en baie beteken vir ons Wikipedia! Groete! Oesjaar (kontak) 11:20, 25 Mei 2020 (UTC)

Misdaad en StrafWysig

Ek is klaar met "my straf". Dis darem 'n moeilike onderwerp, maar jy het dit goed vertaal. Ek moes jare gelede deur hierdie boek worstel as 'n voorgeskrewe boek – en ek dink my sielewroeging was groter as Raskolnikof s'n, al het ek net elke vierde woord gelees. ~ Burgert (kontak) 08:44, 29 Mei 2020 (UTC)

Baie dankie vir jou kommentaar @Burgert Behr:, dit is wonderlik om 'n artikel in Afrikaans oor dié meesterlike boek te hê, en dankie vir jou hulp, dit word opreg waardeer. Persoonlik is my ander gunsteling sy Notes from Underground, fantasies ook is Leo Tolstoi se korter verhaal Die dood van Iwan Iljitsj, wat ook handel met gewetenswroeging en sielsondersoek, en vir 'n ware fantasmagoriese ervaring, Kafka se Die Verhoor en Metamorfose, dis onvergeetlike boeke van die grootste meesters wat ooit gelewe het en wat nooit vergeet moet word nie! Beste Groete.Charlielv55 (kontak)

Anna Elizabeth Pohl, Suid-Afrikaanse sopraan en sangdosent.Wysig

Charlie, daar is rooi skakel op 3 Junie, gebore 1914, van die mevrou, het jy dalk enige inligting om dit skep? Groete! Oesjaar (kontak) 14:56, 4 Junie 2020 (UTC)

Goeiedag Oesjaar , dit spyt my, maar die een is bietjie uitdagend; ek het gesoek maar kry feitlik niks. Daar's ietsie oor haar op daai Netwerk 24 van Naspers (BETAALMUUR) en ook op daai RSG se webblad, maar nie genoeg krummels om 'n behoorlike artikel mee te begin nie. Ek sal weer terugkom hierna en verder kyk. Ek wonder of daar nie 'n omvattende boek (Afrikaans of andersins) oor operasangers in SA bestaan nie? Dit sal help, maar ek glo egter nie. Al wat daar is is Die A tot Z van klassieke musiek maar ek glo nie dit bevat die tipe inligting nie. Groete.Charlielv55 (kontak) 15:14, 4 Junie 2020 (UTC)
Al ons skep net 'n saadjie met geboorte/stefte datum het ons dan 'n begin...Dankie vir die ondersoek. Groete! Oesjaar (kontak) 15:59, 4 Junie 2020 (UTC)