Wikipedia:Kandidaatartikels vir voorblad

Kandidaatartikels vir voorblad: Help vorm die beste van Wikipedia

Hier besluit ons watter artikels op die voorblad van die Afrikaanse Wikipedia gaan verskyn. 'n Voorbladartikel moet die beste werk op Wikipedia ten toon stel.

Om 'n artikel te nomineer kan dit gewoon bygevoeg word aan die onderkant van hierdie bladsy. Lees asseblief eers die Riglyne vir nominasie voor u 'n artikel nomineer. U kan beïnvloed wat op die voorblad verskyn deur 'n artikel te ondersteun of deur beswaar aan te teken. Persone wat 'n artikel voorstel moet ook bereid wees om te help om besware aan te spreek. As daar geen noemenswaardige besware is nie kan 'n artikel moontlik 'n voorbladartikel word. Die beleid is tans om enige genomineerde bladsy waarvoor daar na 'n maand geen geldige beswaar is nie en wat aan die vereistes voldoen as 'n moontlike voorbladartikel te beskou.

'n Artikel word vir 'n week lank op die voorblad vertoon, vanaf Maandag tot die daaropvolgende Sondag.

Ou suksesvolle nominasies word na die betrokke argief verskuif. 'n Lys van voorbladartikels wat al in hierdie jaar gebruik is, is by Wikipedia:Voorbladartikels 2024 te kry. Daar is ook 'n inleiding tot die voorbladartikelprojek by Wikipedia:Voorbladartikel. Onsuksesvolle nominasies kan besigtig word by Wikipedia:Onsuksesvolle voorbladnominasies/2024.

Opkomende weke

Volgende week

Voorbladartikel nie bepaal nie...
'n Geskikte artikel is nog nie vir week 52 gekies nie. Help gerus om te verseker dat 'n artikel gekies word deur aan die nominasieproses hieronder deel te neem.

Die week daarop

Voorbladartikel nie bepaal nie...
'n Geskikte artikel is nog nie vir week 53 gekies nie. Help gerus om te verseker dat 'n artikel gekies word deur aan die nominasieproses hieronder deel te neem.
Argief
2005 2006 2007
2008 2009 2010
2011 2012 2013
2014 2015 2016
2017 2018 2019
2020 2021 2022
2023 2024 2025
2026
Hoe word 'n argief aangelê?

Hier kan u gerus voorstelle maak vir moontlike voorbladartikels, of ondersteuning of beswaar lewer oor huidige nominasies. Dit is behulpsaam om u nominasies, besware en ondersteuning van kommentaar te voorsien wat betrekking op die artikel se inhoud het. Indien u gekant is teen 'n artikel se nominasie kan dit help om te sê waarom, so kan probleme aangespreek word en u mag u teenkanting na ondersteuning verander. So ook kan redes vir 'n nominasie ander gebruikers help om die goeie punte van 'n artikel raak te sien.

U is welkom om die volgende sjablone te gebruik:

Wenk
Om die vervoerband vir 2024 te besigtig, klik hier.

Nuwe voorstelle

wysig
  •   Kommentaar –– As ons so aanhou, gaan ons tjop-tjop 2025 ook volmaak! Ek is nie juis geneë oor "reekse" van dieselfde onderwerp nie...   Aliwal2012 12:30, 16 Augustus 2024 (UTC)[antwoord]
  •   Kommentaar – Ek vind dit makliker om soortgelyke artikels naas mekaar uit te brei, maar ek beperk myself tot slegs drie artikels van dieselfde onderwerp. Dit is hoekom ek drie soortgelyke artikels op een slag nomineer, maar hulle sal natuurlik op die vervoerband gemeng word. Die lande, stede en vlae sal beslis nie naas mekaar op ons voorblad verskyn nie. Aangesien daar slegs drie artikels vir 2024 van my kant oor is, sal ons vervoerband vir 2025 ook nie binnekort vol wees nie. Groete. --   SpesBona 20:30, 31 Augustus 2024 (UTC)[antwoord]
  •   Kommentaar – Weereens stel ek voor dat ons daagliks, eerder as weekliks, 'n nuwe voorbladartikel wys. Ons het meer as genoeg artikels met voorbladstatus. Verder wys dit vir die wêreld ons het ook 'n goeie kwantiteit van kwaliteit. - Rooiratel (kontak) 07:15, 2 Oktober 2024 (UTC)[antwoord]
  •   Kommentaar – Gelukkig is ek nou klaar met my sportreeks in beide krieket en rugby, sien Gebruiker:SpesBona/Werksbank. Die volgende toernooi wat ek kan nomineer word eers in 2026 beslis en die naaste nasionale span wat op ons voorblad kan verskyn moet eers vir 'n vername internasionale toernooi kwalifiseer. Groete. --   SpesBona 21:40, 7 Desember 2024 (UTC)[antwoord]
Sperdatum:
7 Januarie 2025
Sperdatum:
7 Januarie 2025
Sperdatum:
19 Januarie 2025
Sperdatum:
19 Januarie 2025
  •   Ondersteun – Mens kom kort aan woorde om die artikel oor hierdie intelligente en groot gees te motiveer as voorbladartikel, want wat kan mens werklik nog sê oor Leipoldt se nagelate erfenis wat nie reeds gesê is nie? (die artikel is uit die aard van die saak netjies en uitgebreid) So kan mens bv. voortgaan oor sy vele prestasies en die belang van sy werk vir Afrikaans en ons kultuurskatte; sy opregte, gematigde en ongeïnteresseerde temperament, en die belang van sy werk vir die nageslag ens., maar dis verniet, want die man spreek eintlik vir homself! Johannescharlesventer (kontak) 21:44, 20 Desember 2024 (UTC)[antwoord]