Hallo Johannescharlesventer, hartlik welkom op die Afrikaanse Wikipedia! Message in English Bericht in het Nederlands
Dankie vir jou belangstelling in Wikipedia. Ons werk hier aan die ideaal van ’n gratis en vrylik beskikbare, vrylik bewerkbare, neutrale en volledige ensiklopedie.
Die Afrikaanse Wikipedia bestaan al sedert Desember 2001 en bevat reeds 120 883 artikels. Vanaf die begin van die projek het die gebruikers ’n aantal riglyne en uitgangspunte vir artikelbewerking en onderlinge samewerking opgestel. Nuwelinge kan hieruit voordeel trek. Jy mag dit behulpsaam vind om van die skakels in hierdie raampie te volg en met die projek vertroud te raak voordat jy begin bydra. Indien jou vingers jeuk om te eksperimenteer, kan jy gerus ons Sandput besoek: dit is juis vir die rede daar. Uiteindelik wil ons dat al ons gebruikers vry voel om hulle gang te gaan, maar dit doen natuurlik geen kwaad om ’n bietjie houvas te kry voor 'n mens in die diep kant in spring nie! Besoek gerus ook ons Geselshoekie, ons gebruikers staan gereed om hand by te sit, of bloot net hand te skud.
Verifieerbaarheid
Die eerste van Wikipedia se drie kernbeleide
Geselshoekie
Die gewilde bymekaarkomplek
Geen oorspronklike navorsing
Die tweede van Wikipedia se drie kernbeleide
Sandput
Eksperimenteer na hartelus
Neutrale standpunt
Die derde van Wikipedia se drie kernbeleide
Redigeringsinstruksies
Hoe maak ek: teks wat skuinsgedruk is? ’n opskrif? tabelle?
Wat Wikipedia nie is nie
Daar is ook ’n paar dinge wat ons nié hier doen nie
Beelde
As jy beelde wil oplaai
Beleefdheid
Ken jou maniere
Wenke vir die skryf van ’n goeie artikel
Soms sê die naam alles

Hierdie bladsy, wat nou op jou skerm vertoon word, is trouens jou persoonlike besprekingsbladsy. Die plek waar ander Wikipediane jou in die toekoms kan kontak en jy hulle dan kan beantwoord. Elke gebruiker het so ’n bladsy. Jy kan dus ook boodskappe op ander gebruikers se besprekingsbladsye los. Sluit boodskappe en besprekings altyd af met ~~~~ of deur op die handtekeningknop in die wysigingsvenster te kliek: sodoende word jou boodskap onderteken met jou gebruikersnaam en die datum en tyd waarop die boodskap gestuur is. Kliek dan laastens op "Publiseer wysigings" om enige bewerkings te stoor.


Welkom hier by ons! Groete! Oesjaar (kontak) 13:32, 2 Maart 2022 (UTC)Beantwoord

Farmasie

wysig

Jy kan reg hê in Afrikaans, maar in Nederlands is farmacologie 'n onderdeel van farmacie. Jcwf (kontak) 23:00, 13 September 2023 (UTC)Beantwoord

Reg so, dankie. Johannescharlesventer (kontak) 23:17, 13 September 2023 (UTC)Beantwoord

Stem asb vir Kandidaatartikels!

wysig

Hallo Johannescharlesventer!

Sal jy so gaaf wees om vir nominasies te stem by Wikipedia:Kandidaatartikels vir voorblad? Dit sal meer gewig gee aan die nuwe nominasies.   SpesBona 21:50, 3 Januarie 2024 (UTC)Beantwoord

Hallo, dankie vir die boodskap. Ek sal die benoemings deurgaan en my stem byvoeg. Johannescharlesventer (kontak) 20:28, 8 Januarie 2024‎

Nuwe voorstelle vir voorbladartikels

wysig

Hallo Johannescharlesventer!

Daar is 'n klomp nuwe voorstelle by Wikipedia:Kandidaatartikels vir voorblad. Sien jy kans om vir die een of ander te stem? Groete. --   SpesBona 21:16, 18 April 2024 (UTC)Beantwoord

Hallo SpesBona ja, en dankie vir die herinnering. Sal jy my asb. touwys maak hoe om my handtekening te laat? Aliwal2012 het versoek ek moet my handtekening laat by my opmerkings of kommentaar, en ek weet nie hoe nie. Groete. Johannescharlesventer
Hallo Johannescharlesventer, vir 'n handtekening tik jy ~~~~. Terloops, 'n ping of die skakeling van 'n ander gebruiker werk net met 'n handtekening in dieselfde wysiging, byvoorbeeld as ek jou nou @Johannescharlesventer: ping (maar nie as ek dit probeer fiks nie). Groete. --   SpesBona 20:50, 19 April 2024 (UTC)Beantwoord
Hi SpesBona, baie dankie! Groete. Johannescharlesventer (kontak) 20:58, 19 April 2024 (UTC)Beantwoord
Goeienaand Johannescharlesventer,
Daar is weer 'n talle nuwe voorstelle by Wikipedia:Kandidaatartikels vir voorblad. Ek nooi jou om jou stem uit te bring. Groete. --   SpesBona 20:30, 15 Augustus 2024 (UTC)Beantwoord

Akademia

wysig

@Johannescharlesventer:. Jy het eers die volgende in die artikel gesit wat ek teruggerol want dit is bemarking:* BAHons (Media en Kommunikasie). Aangebied vanaf 2025.. Nou skielik is dit deel van hulle leerplan? Verduidelik asb. Hou asb by die reëls van Wikipedia. Groete! Oesjaar (kontak) 11:47, 11 September 2024 (UTC)Beantwoord

@Oesjaar:. Middag Oesjaar, ek het maar net die wysiging gemaak sodat die Wikipedia artikel op datum en akkuraat is. Ek wou egter nie 'n verwysing ter bevestiging van die inligting self insit na Akademia nie, want dit is so 'n klein wysiging. Akademia het egter akkreditasie ontvang om die honneursgraad vamaf 2025 aan te bied, en indien jy so versoek, sal ek die verwysing na die inligting op Akademia se webblad invoeg of 'n ander bron soos MM, alhoewel dit nie sal deug nie omdat jy van mening is dat MM nie partydig is nie omdat dit deel is van die Solidariteit-groep, maar weereens, dis maar 'n ou klein wysingtjie. Dit kan dalk help, sodat dit nie lyk asof ons die inligting uit ons duim uitsuig nie. Afrikaans is verskriklik onder druk ek sien Ramaphosa wil ook nou die Bela wysigingswet Vrydag onderteken. Vriendelike groete, Johannescharlesventer (kontak) 12:50, 11 September 2024 (UTC)Beantwoord