Gereformeerde kerk Pietersburg-Noord
Die Gereformeerde kerk Pietersburg-Noord is een van twee oorwegend Afrikaanse gemeentes van die GKSA in die stad Polokwane, Limpopo. Dis die oudste van die drie. Einde 2015 was hier 304 belydende en 63 dooplidmate.
Gereformeerde kerk Pietersburg-Noord | ||
Sluit in | Bendorpark Eduanpark Ladanna Welgelegen Provinsiale hospitaal Hoërskool Noorderland Hoërskool Tom Naudé Militêre basis | |
Klassis | Limpopo | |
Huidige predikant(e) | J.N. Hibbert | |
Belydende lidmate | 269 | |
Dooplidmate | 72 | |
Adres | Andrewstraat 219 Eduanpark Polokwane | |
Geskiedenis | ||
Stigtingsdatum | November 1966 | |
Afgestig van | Pietersburg | |
Eerste predikant | G.A. Hattingh 1967–1974 |
Die noordelike wyke van die Gereformeerde kerk Pietersburg het in November 1966 as die Gereformeerde kerk Pietersburg-Noord afgestig. Aanvanklik is eredienste in die Hoër Handelskool se saal gehou, maar kort voor lank het die gemeente planne beraam om ’n eie kerk op te rig. Die firma Hartman en Van der Walt sou die plan opstel en Ferreira en Seuns van Naboomspruit is as bouaannemer aangestel. (Volgens 'n ander bron was die argitek Johan de Ridder.)
Ses jaar nadat die gemeente gestig is en wel op 18 November 1972 is die hoeksteen gelê. Ses maande later, op 12 Mei 1973, is die gebou feestelik in gebruik geneem. Aan die begin het die gemeente ’n klok in die toring gebruik, maar nadat bewoners van die omliggende huise beswaargemaak het, het die kerkraad in opdrag van die stadsraad besluit om dit nie meer te lui nie. Dieselfde lot het ook die NG gemeente Pietersburg-Noord, gestig in 1950, getref.
In Maart 1974 het die gemeente ’n pyporrel van die firma Ferhle en Kie in gebruik geneem en 15 jaar nadat die hoeksteen gelê is (1987), is die saalkompleks in gebruik geneem. Dit vorm ’n binnehof met die kerkgebou, waarvan die hoofingang aan die binnehof front.
Predikante
wysig- Hattingh, Gerhardus Arnoldus, 1967 – 1974
- Aucamp, Lourens Daniël, 1975 – 1980 (in kombinasie met Dendron)
- Fouché Daniël dr. Rudolph, 1980 – 1983 (in kombinasie met Dendron; 1983 – 1985
- Van der Walt, Hendrik Bernardus, 1985 – 2000
- Buys, dr. Abraham Lodewikus Adriaan, 2001 – 2010
- Smit, Stephanus Johannes Marthinus Swanepoel, 2008 – 2013
- Lee, Johannes Lodewikus 2015 – 15 Julie 2018
- Hibbert, ds Josef Nienaber, November 2018 -
Bronne
wysig- (af) Harris, C.T., Noëth, J.G., Sarkady, N.G., Schutte, F.M. en Van Tonder, J.M. 2010. Van seringboom tot kerkgebou: die argitektoniese erfenis van die Gereformeerde Kerke. Potchefstroom: Administratiewe Buro.
- (af) Schalekamp, ds. M.E. (voorsitter: redaksiekommissie). 2001. Die Almanak van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir die jaar 2002. Potchefstroom: Administratiewe Buro.
- (af) Van der Walt, dr. S.J. (voorsitter: deputate almanak). 1997. Die Almanak van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir die jaar 1998. Potchefstroom: Administratiewe Buro.
- (af) Vogel, Willem (red.). 2014. Die Almanak van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir die jaar 2015. Potchefstroom: Administratiewe Buro.
- (af) Vogel, Willem (red.). 2015. Die Almanak van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir die jaar 2016. Potchefstroom: Administratiewe Buro.