Gereformeerde kerk Waterval-Boven
Die Gereformeerde kerk Waterval-Boven was een van die kleinste gemeentes in die Gereformeerde Kerk en het einde 2014 net nege belydende en drie dooplidmate gehad, vergeleke met onderskeidelik 13 en twee einde 2001. Die gemeente het in 2020 ontbind.
Gereformeerde Kerk Waterval-Boven | ||
Sluit in | Machadodorp Waterval-Boven | |
Klassis | Lydenburg | |
Huidige predikant(e) | Vakant | |
Belydende lidmate | 9 | |
Dooplidmate | 3 | |
Adres | Zasmlaan Waterval-Boven | |
Geskiedenis | ||
Stigtingsdatum | 1951 | |
Afgestig van | Belfast | |
Eerste predikant | M.W. van der Walt 1953–1955 | |
Datum ontbind | 2020 |
Die gemeente het in Januarie 1951 van die Gereformeerde kerk Belfast afgestig en kon sy eie kerkgebou op 16 Mei 1959 in gebruik neem. Dis 'n eenvoudige saalkerkie volgens dieselfde plan wat die argitek Johan de Ridder vir die Gereformeerde kerk Belfast geteken het.
Predikante
wysigBronne
wysig- (af) Harris, C.T., Noëth, J.G., Sarkady, N.G., Schutte, F.M. en Van Tonder, J.M. 2010. Van seringboom tot kerkgebou: die argitektoniese erfenis van die Gereformeerde Kerke. Potchefstroom: Administratiewe Buro.
- (af) Schalekamp, ds. M.E. (voorsitter: redaksiekommissie). 2001. Die Almanak van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir die jaar 2002. Potchefstroom: Administratiewe Buro.
- (af) Van der Walt, dr. S.J. (voorsitter: deputate almanak). 1997. Die Almanak van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir die jaar 1998. Potchefstroom: Administratiewe Buro.
- (af) Vogel, Willem (red.). 2014. Die Almanak van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir die jaar 2015. Potchefstroom: Administratiewe Buro.