Gewone blousysie
Die Gewone blousysie is 'n opvallende klein (lengte 12–13 cm) voëltjie wat tydens die broeiseisoen in pare beweeg, andersins in groterige swerms (40 of selfs meer individue). Hulle wei meestal op die grond maar kan ook insekte tydens vlug vang.
Gewone blousysie | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | U. angolensis
|
Binomiale naam | |
Uraeginthus angolensis (Linnaeus, 1758)
|
Identifikasie
wysigMuisgrys-bodele en kop, met kenmerkende poeierblou onderdele en laer deel van gesig. Bekkie wissel tussen pienk en ligblou, bene en pote ligbruin.
Habitat
wysigOop bosveld, rivieroewerbos, langs landerye. Soms op die kant van 'n immergroen woud.
Verspreiding
wysigVanaf Angola, noordelike dele van Namibië en Botswana, Zimbabwe, Limpopoprovinsie, eSwatini en KwaZulu-Natal.
Geluid
wysigDringende sweep sweep, vinnig opvolgend.
Ander name
wysig- Engelse naam: Blue Waxbill
- Tswana: Xidzingirhi
- Duits: Angola-Schmetterlingsfink
- Wetenskaplike naam: Uraeginthus angolensis
Sien ook
wysigBronnelys
wysig- Roberts' Birds of Southern Africa, Sixth Edition, ISBN 0620175834