Gingindlovu
Gingindlovu is 'n nedersetting in KwaZulu-Natal, Suid-Afrika. Hierdie dorp is 6 km noord van Amatikulu.
Gingindlovu | |
---|---|
Koördinate: 29°1′S 31°35′O / 29.017°S 31.583°O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | KwaZulu-Natal |
Distrik | King Cetshwayo |
Munisipaliteit | uMlalazi |
Oppervlak | |
• Totaal | 2,39 km2 (0,92 vk. myl) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 1 109 |
• Digtheid | 464/km2 (1 200/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 1.1% |
• Indiërs/Asiërs | 29.2% |
• Bruin mense | 11.3% |
• Swart mense | 57.6% |
• Ander | 0.8% |
Taal (2011) | |
• Zoeloe | 49.1% |
• Engels | 44.8% |
• Afrikaans | 1.6% |
• Ndebele | 1.2% |
• Ander | 3.3% |
Poskode (strate) | 3800 |
Poskode (posbusse) | 3800 |
Skakelkode | 035 |
Geskiedenis
wysigDie geskiedenis van die dorp kan teruggevoer word na die stryd om leierskap vir die Zoeloetroon. Op 2 Desember 1856 het Cetshwayo ('hy wat belaster is') sy halfbroer Mbulazi in die Slag van Ndondakusuka verslaan. Vyf seuns van die Zoeloekoning Mpande, wat die verloorder gesteun het, is ook doodgemaak.
Cetshwayo het toe vir homself 'n nuwe militêre kraal gebou wat hy uMgungundlovu ('die een wat die olifant insluk') genoem het. Die kraal is ongeveer 17 km vanaf die slagveld waar hy koning geword het.
Op 2 April 1879 was lord Chelmsford en sy 5 500 man op pad na Eshowe om 'n Britse mag te ontset. Hulle was aangeval deur 10 000 Zoeloes onder leiding van Dabulamanzi, broer van Cetshwayo. Die Britte behaal 'n groot oorwinning en verloor net 13 man terwyl die Zoeloes ongeveer 1 000 man verloor het. Die Britte het die kraal afgebrand en die plek 'Gin, gin I love you' genoem.
Distrik
wysigDie dorp is vandag 'n klein kommersiële sentrum. Daar is 'n takspoorlyn na Eshowe van hier. Daar is ook 'n gedenkteken vir die Britse soldate wat gesneuwel het tydens die 'Slag van Gingindlovu' op die slagveld.
Sien ook
wysigBronne
wysig- Erasmus, B.P.J. (1995). Op Pad in Suid-Afrika. Jonathan Ball Uitgewers. ISBN 1-86842-026-4.
- Rosenthal, Eric (1967). Ensiklopedie van Suidelike Afrika.
- ↑ 1,0 1,1 1,2 1,3 "Hoofplek Gingindlovu". Sensus 2011.