Herfspypie
Die herfspypie[2] (Gladiolus brevifolius) is 'n plant wat endemies aan Suid-Afrika is. Dit kom in die Wes-Kaap voor. Op die SANBI-rooilys is dit as 'veilig' (LC) gelys.[3] Van die plekke waar dit aangetref word is die Kleinmond-kusnatuurreservaat, Kaappunt, Misty Cliffs naby Kommetjie, Tafelberg Nasionale Park, Keisersfontein (Bokkeveld) naby Nieuwoudtville.[4] en die Fernkloof-natuurreservaat [5]
Herfspypie | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
(geen rang): | |
(geen rang): | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | G. brevifolius
|
Binomiale naam | |
Gladiolus brevifolius Jacq., (1791)
| |
Sinonieme | |
|
Dit is 'n geofiet met 'n bol wat 18 – 35 mm groot word. Dit bloei in die herfs sonder dat dit blare vorm. Die blomme is gewoonlik pienk met geel en perserige strepies. Die blare groei later in die nat winter en sorg vir die fotosintese. Die bestuiwing word deur insekte versorg, soos die bye Amegilla fallax en A. spilostoma of Allodape sp. Ook vlieë soos Psilodera valida besoek die blommetjies.[6]
Fotogalery
wysigVerwysings
wysig- ↑ https://powo.science.kew.org/taxon/urn:lsid:ipni.org:names:437320-1
- ↑ ook: rooipypie, ruikpypie
- ↑ "SANBI-rooilys" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 September 2015.
- ↑ "iSpot" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 Januarie 2017.
- ↑ Fernkloof.
- ↑ biodiversity explorer.