Gladiolus subcaeruleus
plantspesie
Gladiolus subcaeruleus is 'n meerjarige geofiet wat tot die genus Gladiolus behoort en is deel van die fynbos. Die plant is endemies aan die Wes-Kaap en kom voor van Caledon tot Bredasdorp. Die plant het egter reeds 80% van sy habitat afgestaan aan graanboerdery. Die meeste van die bestaande populasie kom voor in die Riviersonderendberge en Shaw se berg. Hier word hulle bedreig deur indringerplante.
Gladiolus subcaeruleus | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eensaadlobbiges |
Orde: | Asparagales |
Familie: | Iridaceae |
Genus: | Gladiolus |
Spesie: | G. subcaeruleus
|
Binomiale naam | |
Gladiolus subcaeruleus G.J.Lewis, (1953)
|