Bergaandblom

(Aangestuur vanaf Gladiolus tristis)

Die bergaandblom[1] (Gladiolus tristis) is 'n plant wat endemies aan Suid-Afrika is. Dit kom in die Wes-Kaap voor. Op die SANBI-rooilys is dit as 'veilig' (LC) gelys.[2]

Bergaandblom
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
(geen rang):
(geen rang):
Orde:
Familie:
Genus:
Spesie:
G. tristis
Binomiale naam
Gladiolus tristis
L., (1762)
Sinonieme
  • Gladiolus aestivalis Ingram
  • Gladiolus concolor Salisb.
  • Gladiolus flavidus Ingram
  • Gladiolus fulvescens Ingram
  • Gladiolus spiralis Pers.
  • Gladiolus tristis var. aestivalis (Ingram) G.J.Lewis
  • Gladiolus tristis var. concolor (Salisb.) Baker
  • Gladiolus tristis var. odorus Thunb.
  • Gladiolus tristis subsp. spiralis (Pers.) Maire & Weiller
  • Gladiolus versicolor var. longifolius Ker Gawl.

Dit is 'n meerjarige geofiet wat 60 – 90 cm hoog kan word en stam uit vogtige plekke van die kus tot in die berge.[3] Die plant kan deur sy saad of deur sy knolle vermeerder word en het groot welriekende blomme.[4]

Hierdie spesie was een van die eerste van die genus Gladiolus wat in Europa ingevoer is. In 1745 verskyn dit in Chelsea Physic Garden in Londen, Engeland. Die plant word as snyblom gekweek. Daar is nou talle hibride soos die colvillei-hibride wat uit G. tristis en G. cardinalis ontstaan het.[5]

Die spesie het verskeie plaaslike name: reebokblom, rooi-afrikaner en trompetter.

Fotogalery

wysig

Verwysings

wysig
  1. ook: reebokblom, rooi-afrikaner
  2. "SANBI-rooilys". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 April 2020.
  3. https://powo.science.kew.org/taxon/urn:lsid:ipni.org:names:437938-1
  4. "Plant world seeds" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 November 2017.
  5. Flower Crops: Cultivation and Management A. K. Singh, New India Publishing, 2006, ISBN 8189422359, ISBN 9788189422356 bls. 149