Tenk-dikkop

varswatervis wat voorkom in riviere aan die ooskus van Afrika suidwaarts tot by die Transkei
(Aangestuur vanaf Glossogobius giuris)

Die Tenkdikkop (Glossogobius giuris) is 'n varswatervis wat voorkom in riviere aan die ooskus van Afrika suidwaarts tot by die Transkei. Dit kom ook in die Indies-Pasifiese area voor en mag honderde kilometers land-in in groot riviere voorkom. In Engels staan die vis bekend as die Tank goby.

Tenkdikkop
Wetenskaplike klassifikasie edit
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Animalia
Filum: Chordata
Klas: Actinopterygii
Orde: Gobiiformes
Familie: Gobiidae
Genus: Glossogobius
Spesie:
G. giuris
Binomiale naam
Glossogobius giuris
(Hamilton, 1822)
'n Illustrasie van Glossogobius giuris, 1927

Voorkoms

wysig

Die vis het 'n platterige kop met 'n groot bek. Die stertvin is bolrond. Die vis is deurskynend bruinkleurig met donkerbruin of swart vlekke en kolle aan die bokant en die sye. Daar is swart kolle op die dosale vin en die vis word tot 400 mm lank. Die Suid-Afrikaanse hengelrekord is 195 gram.

Habitat

wysig

Die vis leef in kalm water, gewoonlik by sandbanke in strome en vloedvlakte panne. Die onvolwassene vreet ongewerweldes wat op die bodem leef terwyl die groter visse klein vissies en paddavissies vreet. Hulle broei in varswater en strandmere gedurende die somer.

Sien ook

wysig

Bronnelys

wysig

Eksterne skakels

wysig