Grafenwöhr
Grafenwöhr is 'n stad in die Opper-Palts (Oberpfalz)-distrik Neustadt aan die Waldnaabrivier in Duitsland.
Grafenwöhr Groafawer (Noord-Beiers) |
|||
Die Raadsaal van Grafenwöhr, opgerig in 1462 | |||
|
|||
Ligging van die Opper-Pals, in Beiere | |||
Ligging van Grafenwöhr in Duitsland Koördinate: 49° 43′ N, 11° 54′ O |
|||
Land | Duitsland | ||
---|---|---|---|
Deelstaat | Beiere | ||
Administratiewe afdeling | Opper-Pals (Oberpfalz) | ||
Regering | |||
- Burgemeester | Helmuth Wächter | ||
Oppervlakte | |||
- Totaal | 216,24 km² (83,5 myl²) | ||
Hoogte bo seespieël | 410 m (1 345 vt) | ||
Bevolking (2006) | |||
- Totaal | 6 901 | ||
- Digtheid | 32/km² (82,9/myl²) | ||
Poskode | 92655 | ||
Areakode(s) | 09641 | ||
Webwerf: http://www.grafenwoehr.de/ |
Geografie
wysigIn geheel sluit die stadsgebied die volgende plekke in: Grafenwöhr, Bruckendorfgmünd, Dorfgmünd, Gößenreuth, Hammergmünd, Hütten, Josephsthal, Kollermühle, Moos en Rosenhof.
Geskiedenis
wysigDie stigting van Grafenwöhr kan baie jare teruggespeur word, en is deur twee natuurlike grense bepaal, naamlik die Creußen- en die Thumbach-riviere. Grafenwöhr het eers as Wörth of Werd bekend gestaan, oftewel "afweerplek" omdat die inwoners daar skuiling gesoek het. Die plek het bekendheid verwerf toe dit in die besit van die landgrawe gekom het en is in 1361 deur die landgraaf tot munisipaliteit (Duits: Stadt) verhef. Tot 1421 was Grafenwöhr onder die heerskappy van die Landgrawe van Leuchtenberg, tot 1621/28 Kuurpalts (‘kurpfälzisch’), en daaropvolgend Beiers. Tot 1900 het die stad slegs 900 inwoners gehad. Daarna, onder die invloed van die nabygeleë troepe-oefenkamp (in 1908 gestig) het dit 'n kommersiële opswaai beleef. Die hewige bombarderings in April 1945 het amper op die volledige vernietiging van stad Grafenwöhr uitgeloop. Die grootste teiken van die Geallieerde magte was natuurlik die troepe-oefenkamp, maar baie van die honderde bomme wat gedurende die twee bombardemente geval het, is ook misgegooi of is deur die wind van die koers af gedryf. Die troepe-oefenkamp word vandag deur die Amerikaanse weermag en die Bundeswehr, die Duitse weermag, gebruik. Dit is ook een van die grootste NAVO-Troepe-oefenkampe in Europa. Die stad het nou (in 2004) sowat 6 901 inwoners en was al die basis vir groot troepe-oefeninge – tot getalle van 15 000 troepe en meer. Daar is ook 'n vliegveld, waar selfs Hercules C-130 vliegtuie kan land.
Stadvriendskappe (Städtepartnerschaften)
wysigSedert 1995 bestaan 'n stadsvriendskap met Grafenwörth (Oostenryk).
Kultuur en besienswaardighede
wysigMuseums
wysig- Eerste Opperpalts Kultuur- en Militêre Museum, met spesiale wisselende en permanente uitstallings
Geboue (besienswaardighede)
wysig- Historiese ou Middestad
- Laatgotiese Munisipaliteit- en Raadsaal van 1462 (spätgotisches Rathaus von 1462)
- Die 'Tiende'-huis van 1532, 'n stoorplek – waar mense hul belasting moes betaal, naamlik 'n tiende van hulle opbrengs van plaasprodukte. (Zehentkasten von 1532)
- Die pespilaar van 1496 (geskat) (Pestsäule vermutlich von 1496)
- Gerestoureerde gedeelte van die ou stadsmuur (restaurierter Teil der Stadtmauer)
- Schönberg met natuurverhoog, waar baie toneelspelers hulle kunste in die vrye natuur kan opvoer (Schönberg mit Naturbühne)
- Die Maria-Hemelvaart-Bergkerk op die St. Annaberg (Kirche "Maria Himmelfahrt")
- St. Annaberg met Die Maria-Hemelvaart-Bergkerk (Annaberg mit Maria-Hilf-Kirche)
- Begraafplaaskerk St. Ursula van 1593 (Friedhofskirche St. Ursula (1593))
Sake- en infrastruktuur
wysigPlaaslike firmas & ondernemings
wysigGrafenwöhr se welvaart berus hoofsaaklik op die Troepe-oefenkamp. Dit is een van die belangrikste ekonomiese dryfvere in die omgewing en bied werk aan meer as 3 600 mense.
In die Stigterssentrum Grafenwöhr-Eschenbach-Pressath word opkomende sakemense bygestaan om 'n firma of bedryf op die been te bring. Hulle kan selfs 'n kantoor huur en dus 'onder toesig' wees terwyl hulle die eerste fases van hul nuwe saketoekoms betree.
Openbare inrigtings
wysig- Stadsaal
- Woudbad
- Kroeë
- Restourante
- Pretpark
- Binnenshuise-kinderspeelplek "MegaPlay"
Media
wysig- Mediumgolfradiosender (MW), die AFN, die VSA Weermagkanaal, wat in Engels uitsaai.
Opleiding & onderwys
wysig- 3 kleuterskole
- 'n Inrigting vir skoolvoorbereiding
- Laerskool & Hoërskool (Volksschule)
- Die St. Michael Beroepskool vir individuele onderwys (vir tegniese vakrigtings) (St.-Michaels-Werk e. V. Berufsschule zur individuellen Lernförderung )
- Handelsskoolsentrum (Kaufmännisches Schulungszentrum)
Persoonlikhede
wysigReinhard Pappenberger, wybiskop ('Weihbischof') van die bisdom ('Diözese') Regensburg en Titulaarbiskop van Aptuca (Tunisië)
'VIP'-Besoekers
wysig- Adolf Hitler, gedurende die Tweede Wêreldoorlog
- Elvis Presley, was sedert 3 November 1958 vir sy militêre diensplig in die VSA ook in Duitsland gestasioneer, en het in die Troepeoefenkamp-Grafenwöhr geoefen.[1] Hy het egter ook die kroeë van die stad besoek en daar gesing.
- Franz-Josef Strauß, Ministerpresident van Beiere, voormalige Minister van Verdediging, en Leier van die CSU-Party in Beiere.
Aandenkings aan/van Grafenwöhr
wysigGesegde
wysig'n Ou gesegde onder die troepe lui: "Diegene wat pa en ma nie eer nie, kom na STRAFenwöhr om sy diens (weerplig) te doen."
Eksterne skakels
wysig- Stadt Grafenwöhr – Amptelike webwerf van die stad Grafenwöhr
- Grafenwöhr – Straatkaarte en Satellietfoto's (WikiMapia)
- Luftbilder der Stadt – Lugfoto's van die stad Grafenwöhr (en die omgewing, indien skakels van daar af gevolg word)
Verwysings
wysigWikimedia Commons bevat media in verband met Grafenwöhr. |
- ↑ "Elvis in die Opper-Palts" Geargiveer 5 September 2008 op Wayback Machine – Sy tyd as soldaat in en om die Troepeoefenkamp-Grafenwöhr deurgebring.