Griete
(Aangestuur vanaf Griet)
Griete (Limosa) is 'n genus van voëls in die familie van strandlopers en snippe (Scolopacidae). Die genus omvat 4 spesies.[1] Voëls in die genus het lang bene en groot, lang snawels waarmee hulle diep in die sand na akwatiese wurms en weekdiere kan soek.
Limosa | |
---|---|
Limosa limosa voor met 'n Bandstertgriet agter | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | Limosa Brisson, 1760
|
Spesies | |
4, sien teks. |
Alhoewel dit nie meer algemeen is nie was griete op 'n tyd 'n bekende Britse gereg gewees. Sir Thomas Browne se skrywes uit die sewentiende eeu maak die opmerking dat griet die lekkerste dis in Engeland was.