Gymnosporia elliptica
plantspesie
Die Spikkelvrug-Dwergpendoring (Gymnosporia elliptica) is 'n struik wat hoort tot die genus Gymnosporia. Die spesie is endemies aan die Oos-Kaap en het 'n voorkomsgebied van 2300 km². Dit kom van Humansdorp tot by Port Elizabeth voor en daar is minder as tien subpopulasies. Dit vorm deel van die fynbos en renosterveld-biome. Die struik word bedreig deur indringerplante, stedelike ontwikkeling, bosbou aktiwiteite en gewasverbouing.
Spikkelvrug-dwergpendoring | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Klade: | Rosids |
Orde: | Celastrales |
Familie: | Celastraceae |
Genus: | Gymnosporia |
Spesie: | G. elliptica
|
Binomiale naam | |
Gymnosporia elliptica | |
Sinonieme | |
|