Harige gousiektebossie
plantspesie
Die harige gousiektebossie (Vangueria pygmaea Schltr.) is 'n ondergrondse boom wat inheems aan Suid-Afrika is en in KwaZulu-Natal, die oostelike Vrystaat, Noordwes, Mpumalanga, Gauteng en Limpopo voorkom. Op die SANBI-rooilys is dit as veilig gelys.[1]
Harige gousiektebossie | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Klade: | Asterids |
Orde: | Gentianales |
Familie: | Rubiaceae |
Genus: | Vangueria |
Spesie: | V. pygmaea
|
Binomiale naam | |
Vangueria pygmaea Schltr.
| |
Sinonieme | |
|
Dit word ook in Eswatini, Malawi, Tanzanië, Zambië en Zimbabwe aangetref.[2] Dit is 'n struikie van 5 tot 25 cm hoog. Die jong stingels is behaard, maar die ouer stammetjies het 'n boombas met fyn groefies. Dit dra vrugte wat peervormig is 1,5 tot 1,7 cm in deursnee en wat geelbruin tot swart in kleur is.[3]
Dit is een van ses spesies wat gousiekte kan veroorsaak.
Verwysings
wysig- ↑ http://redlist.sanbi.org/species.php?species=1430-4010
- ↑ https://powo.science.kew.org/taxon/urn:lsid:ipni.org:names:769785-1
- ↑ Flora of tropical East Africa – Rubiaceae Volume 3 (1991), Bernard Verdcourt, Diane M. Bridson, CRC Press, 1991, ISBN 9061913578, ISBN 9789061913573