Wildepruim

boomspesie
(Aangestuur vanaf Harpephyllum caffrum)

Die Wildepruim (Harpephyllum caffrum) is 'n boom wat tot die Anacardiaceae familie hoort. Dit is die enigste spesie in die genus en Harpephyllum is dus 'n monotipiese takson. Dit staan ook as essenhout, gwenjabessie, suurbessie en suurpruim bekend.

Wildepruim
Saamgestelde blare en vrugte
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Subkoninkryk:
Divisie:
Klas:
Subklas:
Orde:
Familie:
Genus:
Spesie:
H. caffrum
Binomiale naam
Harpephyllum caffrum
Bernh., 1844
Sinonieme
  • Harpephyllum serratum Sond. ex Walp.
  • Odina caffra Hook. ex Marchand, Rév. Anacardiac.
  • Spondias falcata Meisn.
  • Tapirira caffra (Bernh. ex C.Krauss) Marchand

Verspreiding

wysig

Die spesie is endemies aan KwaZulu-Natal, Limpopo, Mpumalanga en die Oos-Kaap asook Eswatini, Mosambiek en Zimbabwe.

Beskrywing

wysig

Die boom het saamgestelde blare wat dig saamgepak is, soos 'n roset, aan die takkies se eindpunte. Die blaartjies is sekelvormig. Die vrug, van 2 cm in deursnee, is vlesig, suur en rooi wanneer dit ryp is.

Gebruike

wysig

Daar word jellie en Rosé van die vrugte gemaak. Die boom se bas word gebruik vir tradisionele medisyne. Indien dié gebruik toeneem kan die spesie bedreig word. Dis 'n gewilde skaduboom, en party dorpe het dit as sierboom langs hul strate aangeplant.

Die boom se FSA-nommer is 361.[1]

Galery

wysig

Sien ook

wysig

Verwysings

wysig