Hatra
Hatra (Arabies: الحضر, al-Ḥaḍr) was ’n antieke stad in Mesopotamië, in die hedendaagse Irak. Die ruïnes lê 290 km noordwes van Bagdad en 110 km suidwes van Mosoel.
Hatra | ||
Die ruïnes van Hatra omstreeks 1988. | ||
Plaaslike naam | الحضر | |
Land | Irak | |
Geskiedenis | ||
Bouer | Seleukidiese Ryk | |
Gestig | 3de of 2de eeu v.C. | |
Tydperk | Seleukidiese tot Partiese Ryk | |
Unesco-wêrelderfenisgebied | ||
Tipe | Kultureel | |
Kriteria | ii, iii, iv, vi | |
Verwysing | 277 | |
Streek† | Arabiese State | |
Beskrywing* | Hatra | |
† Streek soos deur Unesco geklassifiseer. * Naam soos op die Wêrelderfenislys |
Op 7 Maart 2015 het verskeie bronne, insluitende Irakse amptenare, berig die militante groep ISIL het begin om die Unesco-wêrelderfenisgebied te verwoes.[1][2] ’n Video wat die volgende maand deur ISIL uitgereik is, wys die vernietiging van die monumente.[3]
Geskiedenis
wysigHatra is vermoedelik in die 3de of 2de eeu v.C. deur die Seleukidiese Ryk gebou. Nadat dit deur Persië verower is, het dit in die 1ste en 2de eeu n.C. floreer as ’n godsdiens- en handelsentrum.[4] Later het die stad waarskynlik die hoofstad van die eerste Arabiese koninkryk geword.
Hatra het ’n belangrike vesting geword wat verskeie aanvalle deur die Romeinse Ryk weerstaan het en ’n belangrike rol gespeel in die Tweede Partiese Oorlog tussen dié land en Rome.[5] Dit het die Iraniërs in 238 verslaan, maar is eindelik in 241 deur die Sassanidiese Ryk verwoes.[5]
Hatra was die bes bewaarde Partiese stad wat die meeste inligting oor dié ryk verskaf het. Dit was omring deur binne- en buitemure van byna 2 km breed[6] en het meer as 160 torings gehad. Die tempels het sowat 1,2 ha beslaan en is oorheers deur die Groot Tempel, ’n enorme gebou met pilare wat tot 30 meter hoog gestrek het. Die stad was bekend vir sy vermenging van Griekse, Mesopotamiese, Kanaänitiese, Aramese en Arabiese panteons, in Aramees bekend as Beiṯ Ĕlāhā ("Huis van God").
Daar was tempels vir Nergal (Babilonies en Akkadies), Hermes (Grieks), Atargatis (Siries-Aramees), Allat en Sjamijja (Arabies) en Sjamasj (die Mesopotamiese songod).[4]
Galery
wysig-
Ruïnes van Hatra in Julie 2008.
-
Die oorblyfsels van verskeie tempels en mure (2004).
-
Oorsig van die terrein (2007).
-
Mei 2006.
-
Mei 2006.
-
Mei 2006.
-
November 2008.
-
November 2008.
-
September 2014.
-
’n Tempel wat die Hellenistiese en Romeinse argitektuur wys, vermeng met Oosterse versierings.
Verwysings
wysig- ↑ ABC news
- ↑ UN News Centre
- ↑ Vivian Salama (4 April 2015). "Video: Islamic State group shot, hammered away Iraq's Hatra". Associated Press. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Oktober 2017. Besoek op 12 Augustus 2015.
- ↑ 4,0 4,1 "Hatra". Encyclopædia Britannica. URL besoek op 14 Desember 2013.
- ↑ 5,0 5,1 Advisory Body Evaluation on Hatra. International Council on Monuments and Sites (ICOMOS). 1985. ble. 1-2.
- ↑ "Hatra UNESCO World Heritage Centre". whc.unesco.org (in Nederlands). Unesco. 1992–2015. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 November 2019. Besoek op 31 Maart 2015.
Eksterne skakels
wysig- 'Between Rome and Parthia: The Desert City of Hatra
- Lexic Orient Geargiveer 27 Julie 2006 op Wayback Machine
- http://www.bbc.co.uk/archive/chronicle/8612.shtml BBC Chronicle, "Lost Kings of the Desert"
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Hatra.
- Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia