Henco Venter
Henco Venter (* 27 Maart 1992) is ’n rugbyspeler wat vir die Cheetahs as flank speel in die Superrugbyreeks en vir die Vrystaat Cheetahs in die Curriebeker- en Vodacombekerreekse. Venter is ’n neef van oud-Springbok Ruben Kruger.[1]
| |||||
Volle naam | Hendrik Petrus Venter | ||||
---|---|---|---|---|---|
Geboortedatum | 27 Maart 1992 | ||||
Geboorteplek | Bloemfontein, Suid-Afrika | ||||
Lengte | 1,87 m | ||||
Massa | 97 kg | ||||
Skool | Grey-kollege | ||||
Universiteit | Universiteit van die Vrystaat | ||||
Vername familie | Ruben Kruger | ||||
Beroep | Professionele Rugbyspeler | ||||
Rugbyloopbaan | |||||
Loopbaan as speler | |||||
Posisie(s) | Flank/Agtsteman | ||||
Professionele / senior klubs | |||||
Jare | Klub / span | Weds | (pte) | ||
2013 | Shimlas | 11 | (0) | ||
korrek soos op 3 Junie 2015. | |||||
Provinsiale- / Staatspanne | |||||
Jare | Klub / span | Weds | (pte) | ||
2012 | Vrystaat | 15 | (5) | ||
korrek soos op 3 Junie 2015. | |||||
Superrugby/Verenigde Rugbykampioenskap | |||||
Jare | Klub / span | Weds | (pte) | ||
2014– | Cheetahs | 30 | (5) | ||
korrek soos op 12 Augustus 2017. |
Persoonlike lewe
wysigVenter is ’n teologiestudent aan die Universiteit van die Vrystaat.[2]
Loopbaan
wysigJeug
wysigVenter het die Vrystaat in 2005 in die o/13 Cravenweektoernooi verteenwoordig. In 2008 het hy dieselfde provinsie in die o/16 Grant Khomo-week verteenwoordig en is hy gekies vir die o/16 Elitespan. Hy het in die volgende jaar ook in die Akademieweek gespeel. In 2011 is Venter ingesluit in die Vrystaatse o/19-span wat aan die provinsiale toernooi deelgeneem het, en in die volgende twee jaar het hy die Vrystaat op o/21-vlak verteenwoordig.
Hy het ook in die Varsitybeker vir die Shimlas van die Universiteit van die Vrystaat gespeel. Aan die einde van die 2015-toernooi is Venter ingesluit in die Varsitybeker Droomspan wat ’n vriendskaplike wedstryd teen die Suid-Afrikaanse nasionale o/20 rugbyspan in Stellenbosch gespeel het.[3]
Vrystaat Cheetahs/Cheetahs
wysigVenter het sy debuut vir die Vrystaat Cheetahs gemaak in die Promosie-/relegasiewedstryde vir die 2013 Curriebekerseisoen teen die Oostelike Provinsie.[4] Hy is ook ingesluit in die span vir die 2013 Curriebeker Premierafdeling.[5]
In Julie 2014 het Venter sy kontrak met die Vrystaatse Rugbyunie tot aan die einde van 2015 verleng.[6]
Eksterne skakels
wysigVerwysings
wysig- ↑ Coetzee, Gert (29 Januarie 2010). "'Groot gevoel' om nes sy oom Ruben met nr. 7-trui te speel". Volksblad. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 Julie 2014. Besoek op 2 Julie 2014.
- ↑ Kock, Owen (4 Julie 2017). "Ek wou Elstadt nie slaan, sê Henco" (html). Netwerk24. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Oktober 2018. Besoek op 12 Augustus 2017.
- ↑ (en) "Wedstrydontleding: Varsitybeker XV tn Suid-Afrika U/20". Suid-Afrikaanse Rugbyunie. 21 April 2015. Besoek op 21 April 2015.[dooie skakel]
- ↑ (en) "Oostelike Provinsie Kings tn Toyota Vrystaat Cheetahs". Suid-Afrikaanse Rugbyunie. 26 Oktober 2012. Besoek op 24 Julie 2013.
- ↑ "2013 Vrystaat Cheetahs Curriebekerseisoen". Suid-Afrikaanse Rugbyunie (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Oktober 2013. Besoek op 24 Julie 2013.
- ↑ Thormählen, Jóhann (25 Julie 2014). "Vrystaat belê in jonges". Volksblad. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 Julie 2014. Besoek op 25 Julie 2014.