Henriëtte Loubser
Henriëtte Loubser (gebore Anderson, 24 Desember 1966 in Bloemfontein, Suid-Afrika)[1] was redakteur van Huisgenoot tot 31 Mei 2017, waarna sy van 1 Junie 2017 af redakteur van Netwerk24 geword het.[2]
Agtergrond
wysigSy matrikuleer aan die Hoërskool Jim Fouché en studeer kommunikasiekunde aan die Universiteit van die Vrystaat.[3] Daarna behaal sy 'n honneursgraad in kommunikasiekunde deur Unisa.
Sy was onder meer nuus- en assistentredakteur van Huisgenoot, senior assistentredakteur van Sarie en adjunkredakteur van Die Burger voordat sy in 2012 as redakteur van Huisgenoot aangestel is.
Verwysings
wysig- ↑ "HENRIETTE LOUBSER". Who's Who (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 April 2017. Besoek op 23 Mei 2017.
- ↑ "Media24 appoints Henriëtte Loubser as editor of Netwerk24". Media24 (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike (Webartikel) op 2 Oktober 2018. Besoek op 23 Mei 2017.
- ↑ "Huisgenoot se redakteur in Bloemfontein getoë" (Webartikel). Netwerk24. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Oktober 2018. Besoek op 23 Mei 2017.
Eksterne skakels
wysig- Henriëtte Loubser op Twitter
- (en) Who's Who Geargiveer 1 April 2017 op Wayback Machine