Henry Loch
Lord Henry Brougham Loch (23 Mei 1827 - 20 Junie 1900) was Britse goewerneur van die Kaap van 1889 tot 1896.
Henry Loch, 1ste Baron Loch | |
Luitenant-goewerneur van die Eiland Man
| |
Ampstermyn 1863 – 1882 | |
Monarg | Victoria |
---|---|
Voorafgegaan deur | Francis Conant |
Opgevolg deur | Spencer Walpole |
Goewerneur van Victoria
| |
Ampstermyn 1884 – 1889 | |
Monarg | Victoria |
Voorafgegaan deur | George Phipps |
Opgevolg deur | John Hope |
Hoë Kommissaris vir Suider-Afrika
| |
Ampstermyn 1889 – 1895 | |
Monarg | Victoria |
Voorafgegaan deur | Hercules Robinson |
Opgevolg deur | Hercules Robinson |
Persoonlike besonderhede
| |
Gebore | Henry Brougham Loch 23 Mei 1827 |
Sterf | 20 Junie 1900 Londen, Engeland, Verenigde Koninkryk |
Eggenoot/-note | Elizabeth Villiers |
Militêre Diens
| |
Lojaliteit | Verenigde Koninkryk |
Diens/Tak | Britse Oos-Indiese Kompanjie |
Oorloë/Veldslae | Eerste Anglo-Sikh-oorlog Krimoorlog Tweede Opiumoorlog |
Hy tree in 1840 toe tot die Britse leër en gaan in 1844 as luitenant in die berede mag na Bengale, Indië. In 1857 is hy verbonde aan die sending van graaf Elgin na China. In 1863 word hy aangestel as luitenant-goewerneur van die Isle of Man. Nadat hy van 1884 af diens doen as goewerneur van Victoria, Australië, kom hy in 1893 Kaap toe as goewerneur van die Kaapkolonie en hoë kommissaris in Suid-Afrika.
Lord Loch ontmoet pres. Paul Kruger in 1893 en die tweede Swaziland-konvensie word gesluit waarvolgens die Zuid-Afrikaanse Republiek magte oor Swaziland (nou eSwatini) sonder insluiting sou verkry op voorwaarde dat die Swazi's hul goedkeuring daaraan heg. Dit het egter nooit in werking getree nie.
In 1895 word hy as goewerneur en hoë kommissaris in Suid-Afrika opgevolg deur sir Hercules Robinson. Tydens die Anglo-Boereoorlog bring hy "Loch's Horse" op die been. Die geskiedkundige brug buite Wellington in die Wes-Kaap is na sy vrou, Lady Loch, vernoem, maar anders as met soveel ander kommandeurs en goewerneurs van die Kaap is lord Loch se naam nie in 'n pleknaam verewig nie.
Sien ook
wysigBronne
wysig- Albertyn, dr. C.F. (red.) 1962. Die Afrikaanse Kinderensiklopedie. Kaapstad, Bloemfontein, Johannesburg: Nasionale Boekhandel Bpk.
- Rosenthal, Eric. 1978. Encyclopaedia of Southern Africa. Cape Town and Johannesburg: Juta and Company Limited.