Hilton Lobberts
Hilton Lobberts (* 11 Junie 1968, Paarl) is ’n Suid-Afrikaanse rugbyspeler wat in die Superrugbyreeks vir die Cheetahs, en in die Curriebeker vir die Vrystaat Cheetahs op slot en flank speel.
| |||||
Geboortedatum | 11 Junie 1986 | ||||
---|---|---|---|---|---|
Geboorteplek | Paarl, Suid-Afrika | ||||
Lengte | 1,90 m | ||||
Massa | 105 kg | ||||
Skool | New Orleans Sekondêre Skool, Paarl | ||||
Universiteit | Universiteit van Kaapstad | ||||
Beroep | Professionele rugbyspeler | ||||
Rugbyloopbaan | |||||
Loopbaan as speler | |||||
Posisie(s) | Slot, flank | ||||
Springbokno. | 781 | ||||
Amateurspanne | |||||
Jare | Klub / span | Weds | (pte) | ||
2004 | Boland Kavaliers | ||||
Professionele / senior klubs | |||||
Jare | Klub / span | Weds | (pte) | ||
2012-2013 | San Donà | 15 | (0) | ||
Provinsiale- / Staatspanne | |||||
Jare | Klub / span | Weds | (pte) | ||
2006-2008 2009-2012 2009-2010 2013-2015 2016– |
Blou Bulle WP →Boland Kavaliers Griekwas Vrystaat |
37 34 17 25 1 |
(25) (15) (0) (10) (0) | ||
Superrugby/Verenigde Rugbykampioenskap | |||||
Jare | Klub / span | Weds | (pte) | ||
2007-2008 2009-2012 2016– |
Bulls Stormers Cheetahs |
7 5 6 |
(0) (0) (5) | ||
Nasionale span(ne) | |||||
Jare | Land | Weds | (pte) | ||
2006-2007 | Suid-Afrika | 2 | (0) |
Lobberts het sy rugbyloopbaan by die Boland Kavaliers begin en in 2004-2005 vir die Suid-Afrikaanse o/19-span gespeel en in 2005 vir die o/21-span. Daarvandaan is hy na Pretoria waar hy vir die Blou Bulle en die Bulls gespeel het. Terwyl hy by die Bulle betrokke was, in 2006-2007, het hy in twee toetse en twee toerwedstryde vir die Springbokke gespeel. Hy het ook in 2007 vir die Opkomende Springbokke in een wedstryd gespeel. Daarna is hy na Kaapstad waar hy vir die Stormers en Westelike Provinsie en as leenspeler vir die Boland Kavaliers gespeel het. Vir die 2012-2013-seisoen is Lobberts na Italië waar hy vir die klub San Donà gespeel het. Hierna het hy na Suid-Afrika teruggekeer en het hy hom by die Griekwas aangesluit.[1] Terwyl hy in Kimberley was het hy in 2014 sy buiging vir die Cheetahs in die Superrugbykompetisie gemaak. Hy het daardie jaar in slegs een wedstryd gespeel maar het in 2016, nadat hy hom by die Vrystaat Cheetahs aangesluit het, meer gereeld speelkans gekry, veral na ’n besering van Boom Prinsloo.[2]
Eksterne skakels
wysigVerwysings
wysig- ↑ "Bokslot vir Griekwas". SupaRugby. 24 Junie 2013. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 September 2013. Besoek op 24 Junie 2013.
- ↑ Nel, Brenden (7 April 2016). "Boom uit vir die seisoen" (html) (in Engels). Supersport.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Oktober 2018. Besoek op 15 April 2016.