Homtinipas
Sesde bergpas op die Sewepassepad in Suid-Afrika
Die Homtinipas is naby Knysna op die grondpad na George via die suidelike voetheuwels van die Outeniekwaberge.
Karatarapas | |
Ligging | Tussen George en Knysna |
---|---|
Hoogte | 49 m tot 238 m |
Lengte | 5 km |
Ingenieur | Thomas Bain |
Voltooi in | 1882 |
In | Outeniekwaberge |
Hierdie baie kronkelrige pas lê 'n 29 km noordwes van Knysna, net wes van Rheenendal op die pad na Barrington en by die koördinate 33° 56′ suid en 22° 55′ oos. Die hoogteverskil in die pas van slegs 5 km wissel tussen 49 m tot 238 m bo seespieël en 'n maksimum helling van 1:10 word bereik. Onder in die kloof gaan die pad oor die Homtinirivier, 'n boloop van die Goukammarivier.
Die pas is in 1882 gebou deur Thomas Bain (Graaff-Reinet, 1830 – Kaapstad, 1893).