Hond se dinges
Hond se dinges is 'n Afrikaanse rolprent wat op 20 Maart 2009 uitgereik is.
Hond se dinges | |
---|---|
Regisseur | Johan Heyns |
Draaiboek | Frank Opperman |
Met | Tinarie van Wyk-Loots Marcel van Heerden Frank Opperman |
Musiek deur | Carli de Villiers Jaco Spies |
Kinematografie | Buster Reynolds |
Redigeerder | Tiny Laubscher |
Ateljee | Fevertree-produksies |
Verspreider | Ster-Kinekor |
Uitgereik | 20 Maart 2009 |
Speeltyd | 90 minute |
Land | Suid-Afrika |
Taal | Afrikaans |
IMDb-profiel |
In 2011 het die Uitsaaiklagtekommissie van Suid-Afrika (UKKASA) die DStv-kanaal KykNET met R15000 beboet omdat hy die fliek, wat naak- en sekstonele bevat, 'n verkeerde gradering toegeken en in gesinstyd uitgesaai het. Die tipe flieks mag eers na 20:00 uitgesaai word.[1]
Genre
wysigDie rolprent is 'n lekkerlag komedie.
Hoofrolspelers
wysig- Tinarie van Wyk-Loots as Lara van Niekerk
- Marcel van Heerden as Oudolf de Lange
- Frank Opperman as Rommel Coetsee
- Louw Venter as Bertus
- Matt Stern as Nardus
- Tessa Denton as Marita de Villiers
- Wilson Dunster as Mike
- Neil Bennett Grib as Orban
- David Robinson as Bennie die 'Gruisgat' bewonderaar
- Andre Stoltz as Dominee
- Morne Visser as Dawid de Lange
- Ruben Steyn as Kleindolf
- Brandon Auret as Rommel se oupa
- Matt Heyns as Loodpyp
- Corrine Broomberg as Dolf se ma
- Sandra Ferreira as Tannie Isabel Raath
- Ivan Botha as Dolf de Lange
- Nicola Hanekom as Rooi Sarie
- Cobus Visser as man met 'n worshond
Storielyn
wysigDaar is 'n onopgeloste moord op Lichtenburg wat saam met 'n verlore diamant en 'n radio-onderhoud 'n paar (werklike en verbeelde) geraamtes ontbloot. 'n Misterieuse skuldige gewete laat 'n eeue-oue vete tussen die De Langes en die Coetzees opvlam. Uiteindelik ruk die situasie hand uit en absolute chaos breek uit oor verlore en gevonde diamante... en vroue... of dalk beide...
Sien ook
wysigVerwysings
wysig- ↑ kykNET in diep bollie oor Hond se Dinges, Die Burger, 5 Mei 2011
Eksterne skakels
wysig- Voorskou op YouTube
- Musiekvideo op YouTube