Coetzee
Wikimedia dubbelsinnigheidsblad
Coetzee of Coetsee is 'n Afrikaanse van wat algemeen in Suid-Afrika onder Afrikaners voorkom. Die stamvader van hierdie van in Suid-Afrika was Dirk Coetsee (gebore 1655), wat in 1679 by die Kaap aangeland het. Hy woon vir vier jare aan die Kaap toe hy na Stellenbosch verhuis. Hy was na 1685 in kerklike bediening, eers as diaken en later as ouderling, en na 1687 sit hy in die kollege van heemrade. In 1706 word hy kaptein van die Stellenbosch-infanterie. In 1682 versoek hy en kry van Simon van der Stel eiendom wat later as Coetsenburg bekend sou staan, geleë digby die dorp Stellenbosch. Ook het hy 'n stuk bouland in Jan Jonker's Hoek, onder die groot berg, genaamd Assagai Bosch. Hy was getroud met Sara van der Schulp.
Coetzee
wysig- Abel Coetzee, (1906–1975), professor in Afrikaanse Taal- en Volkskunde
- Aletta Coetzee, (1894–1978), eggenote van prof. J. Chris Coetzee
- Allister Coetzee, (gebore 1963), Suid-Afrikaanse professionele rugbyafrigter
- Ampie Coetzee, (gebore 1939), professor in Afrikaans-Nederlands en uitgewer
- Blaar Coetzee, (1914–1974), Suid-Afrikaanse politikus, ambassadeur, koerantman, sakeman en boer
- Charl Coetzee, Suid-Afrikaanse gholfspeler.
- Christo Coetzee, (1893–1989), Suid-Afrikaanse skilder.
- Christoffel Coetzee (1945–1999), Suid-Afrikaanse joernalis en dosent
- Deon Coetzee, (gebore 1962), Suid-Afrikaanse akteur.
- Dirk Coetzee, (1945–2013), bevelvoerder van koverte polisie-eenheid
- Frans Coetzee, Afrikaanse joernalis en skrywer
- George Coetzee, Suid-Afrikaanse gholfspeler.
- Gerrie Coetzee, (1955-2023), Suid-Afrikaanse bokser.
- Gert Hendrik Jacobus Coetzee, ’n Boeresoldaat in die Tweede Vryheidsoorlog.
- Izak Coetzee, (1905–onbekend), Afrikaanse joernalis en skrywer
- Jana Coetzee, (1927–2012), Afrikaanse skrywer
- Japie Coetzee, (gebore 1931), skrywer van Afrikaanse jeugverhale
- Johan Coetzee, Suid-Afrikaanse toneelspeler.
- John Coetzee, skrywer van veral historiese jeugverhale.
- J.M. Coetzee, (gebore 1940), Suid-Afrikaans-gebore skrywer.
- J.V. Coetzee, (1891–1952), predikant in die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika
- J. Chris Coetzee, (1893–1989), professor en rektor van die PU vir CHO.
- Marcell Coetzee, (gebore 1991), Springbokrugbyspeler.
- Nico Coetzee, (1991–2003), Afrikaanse digter.
- Petrus Coetzee, (1885–1975), leraar in die Nederduitse Gereformeerde Kerk.
- Renata Coetzee, (1930–2018 ), kenner van tradisionele voedselkulture van Suid-Afrikaners.
- Robbie Coetzee, (gebore 1989), rugbyspeler van die Goue Leeus
- Sophie Coetzee, (1918–onbekend), Afrikaanse dramaturg.
- Sybel Coetzee, Suid-Afrikaanse aktrise.
- Tansey Coetzee, (gebore 1984), Suid-Afrikaanse skoonheidskoningin
- Een Voortrekker, Cornelis Coetzee, het aan die Slag van Bloedrivier deelgeneem.
Coetsee
wysig- Kobie Coetsee, (19 April 1931 - 29 Julie 2000) was 'n Suid-Afrikaanse prokureur en politikus.
Geografie in Suid-Afrika
wysigBerge
wysig- Coetzeesberg in die Noord-Kaap
- Coetzeesberge in die Oos-Kaap
Plekke
wysig- Coetzenburg
- Coetzenburg-stadion (sportveld in Stellenbosch)
- Zeerust (oorspronklik Coetzee se Rust)
Bronne
wysig- Christoffel Coetzee de Villiers (1894). Geslacht-Register der oude Kaapsche familiën. Kaapstad: Van de Sandt De Villiers & Co., Beperkt, Drukkers.
Hierdie bladsy bevat 'n lys van mense met die van Coetzee. As 'n interne skakel u hierheen gelei het, kan u oorweeg om die skakel te wysig deur die persoon se voornaam by die skakel te voeg. |