ILFC
Die International Lease Finance Corporation (ILFC) is 'n vliegtuigverhuurder met sy hoofkwartier in Constellation Place (voorheen die MGM-Toring) in Century City, Los Angeles, Kalifornië.
International Lease Finance Corporation (ILFC) | |
Tipe | Afdelingsmaatskappy |
---|---|
Gestig | 1973 |
Hoofkantoor | Century City, Los Angeles, Kalifornië, Verenigde State |
Sleutelpersone | Henri Courpron (hoof uitvoerende beampte) Fred Cromer (voorsitter van die Raad) |
Gebied bedien | Wêreldwyd |
Industrie | Vliegtuigverhuring en verkope |
Inkomste | $4,73 miljard (2007) |
Netto inkomste | $604 miljoen (2007) |
Werknemers | 209 (Maart 2013) |
Moedermaatskappy | AerCap |
Webwerf | ilfc.com |
Dit is die wêreld se grootste vliegtuigverhuurder in waarde, al besit ILFC se mededinger, General Electric se GECAS-eenheid, meer vliegtuie. Dit verhuur Boeing- en Airbus-vliegtuie aan die meeste groot lugdienste wêreldwyd, insluitend Aeroméxico, Air Canada, Asiana Airlines, Delta Air Lines, Korean Air, Cathay Pacific, Cyprus Airways, Air France, KLM, Lufthansa, Alaska Airlines, American Airlines, Air India, United Airlines, Norwegian Air Shuttle, Pakistan International Airlines, Suid-Afrikaanse Lugdiens, Emirates en Gulf Air.