Ixia longituba
Ixia longituba is 'n meerjarige blomplant en geofiet wat tot die genus Ixia behoort en is deel van die fynbos. Die plant is endemies aan die Wes-Kaap en kom van die Botrivier tot by Swellendam en Bredasdorp voor. Die spesie het groot gedeeltes van sy habitat afgestaan aan gewasverbouing. Die oorblywende subpopulasies is gefragmenteer en word bedreig deur oor beweiding, 'n gebrek aan brande en indringerplante.
Ixia longituba | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eensaadlobbiges |
Orde: | Asparagales |
Familie: | Iridaceae |
Genus: | Ixia |
Spesie: | I. longituba
|
Binomiale naam | |
Ixia longituba |
Daar is 'n subspesie: Ixia longituba subsp. macrosiphon Goldblatt & J.C.Manning