Ixia polystachya
plantspesie
Die geelkalossie (Ixia polystachya) is 'n meerjarige blomplant en geofiet wat tot die genus Ixia behoort en deel is van die fynbos. Die plant is endemies aan die Wes-Kaap en kom van die Olifantsriviervallei tot by die Kaapse Skiereiland en Caledon voor. Die plant word bedreig deur ontwikkeling en plantasies rondom Stellenbosch. In die Swartland, Breederiviervallei en rondom Caledon word die plant bedreig deur gewasverbouing.
Geelkalossie | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eensaadlobbiges |
Orde: | Asparagales |
Familie: | Iridaceae |
Genus: | Ixia |
Spesie: | I. polystachya
|
Binomiale naam | |
Ixia polystachya | |
Sinonieme | |
|
Dit word ook geelkalossie, koringblom, koringblommetjie of witkalossie genoem.