Ixia purpureorosea
Ixia purpureorosea is 'n meerjarige blomplant en geofiet wat tot die genus Ixia behoort en deel is van die strandveld. Die plant is inheems aan die Wes-Kaap en kom van Vredenburg tot by Saldanha voor. Die plant word bedreig deur voorstedelike ontwikkeling, kus ontwikkeling en die ontginning van kalksteen. Die totale populasie word minder as 2 000 plante geskat.
Ixia purpureorosea | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eensaadlobbiges |
Orde: | Asparagales |
Familie: | Iridaceae |
Genus: | Ixia |
Spesie: | I. purpureorosea
|
Binomiale naam | |
Ixia purpureorosea |