Jaart

(Aangestuur vanaf Jaard)

'n Jaart (ook as 'n tree bekend) is 'n afstand van 3 voet, 36 duim of 0,9144 meter. Jaarts word veral gebruik in Engelstalige lande, soos die V.S.A. en Groot-Brittanje.

Die lengte van 'n jaart word aangedui teen die muur van die Koninklik Greenwich Observatorium in Londen.

Al is die Afrikaanse woord "tree" vir 'n afstand van 3 voet gebruik, is die tree eintlik 'n eenheid van ouds - die is deur die Romeine en die Antike Grieke gebruik. Deesdae is dit deur die die Amerikaanse weermag gebruik om afstand te skat. Die gemiddelde waarde van dié tree is 2 12 voet en nie 3 voet nie.[1]

Die jaart verskyn vir eerste maal in die Engelse wet in 1305 toe Edward I koning was. Die wet is in Latyn geskryf en gebruik die woord ulna vir albei die jaart en die [Engelse] el. In 1497 verskyn die woord yarde in Engels vir die eerste mal in die wet.[2] Daar was geen ekwivalent eenheid van die woord yard in die vasteland van Europa nie.

Die Engelse myl bevat 1 760 jaart.

Sien ookWysig

VerwysingsWysig

  1. (en) "How to use pace count to measure ground distance". Army Study Guide. 2017.
  2. (en) McGreevy, Thomas (1995). The Basis of Measurement; Volume 1 Historical Aspects. Chippenham: Picton. pp. 83, 112. ISBN 0 948251 82 4.