Jan Jonathan Serfontein
Jan Jonathan Serfontein (gebore 3 Februarie 1898 te Vegkop en oorlede in die distrik Philippolis, Oranje-Vrystaat, 17 Oktober 1967) was 'n Suid-Afrikaanse politikus, lid van die regerende Nasionale Party en volksraadslid vir Edenburg (1932 – 1935), Boshof (1938 – 1948), Fauresmith (1948 – 1953) en Fauresmith-Boshof (1953 – 1966).
Jan J. Serfontein | |
Minister van Volkswelsyn en Pensioene
| |
Ampstermyn 1958 – 1966 | |
Eerste minister | Hendrik Verwoerd |
---|---|
Voorafgegaan deur | J.H. Viljoen |
Opgevolg deur | W.A. Maree |
Minister van Onderwys, Kuns en Wetenskap
| |
Ampstermyn 1958 – 1961 | |
Eerste minister | Hendrik Verwoerd |
Voorafgegaan deur | M.D.C. de Wet Nel |
Opgevolg deur | John Vorster |
Minister van Pos- en Telegraafwese
Minister van Volkswelsyn en Pensioene | |
Ampstermyn 1954 – 1958 | |
Eerste minister | Hans Strijdom |
Voorafgegaan deur | Tom Naudé |
Opgevolg deur | Albert Hertzog |
Persoonlike besonderhede
| |
Gebore | 3 Februarie 1898 Vegkop |
Sterf | 17 Oktober 1967 (op 69) Philippolis, OVS |
Nasionaliteit | Suid-Afrikaner |
Politieke party | Nasionale Party |
Kiesafdeling | sien teks |
Serfontein was aanvanklik Minister van Pos- en Telegraafwese sowel as van Volkswelsyn in die kabinet van Hans Strijdom (1954 - 1958), en later Minister van Onderwys, Kuns en Wetenskap (1958 – 1961) en Minister van Volkswelsyn en Pensioene (1958 – 1966) in die Verwoerdregering.
Serfie Serfontein was ook leier van die Oranje-Vrystaatse Nasionale Party.