Jannie Geldenhuys
Generaal Johannes Geldenhuys SSA SD SOE SM MMM GCIH ORB (5 Februarie 1935 – 10 September 2018) was die hoof van die Suid-Afrikaanse Weermag van 1985 tot 1990.[1][2]
Johannes Jacobus Geldenhuys | |
---|---|
| |
Geboortedatum | 5 Februarie 1935 |
Geboorteplek | Kroonstad, Oranje-Vrystaat, Unie van Suid-Afrika |
Sterfdatum | 10 September 2018 (op 83) |
Sterfplek | George, Wes-Kaap, Suid-Afrika |
Lojaliteit | Suid-Afrika |
Diens/Tak | Suid-Afrikaanse Leër |
Jare in diens | 1954–1990 |
Rang | Generaal |
Poste beklee | Hoof van die Suid-Afrikaanse Weermag (1985–1990) Hoof van die Suid-Afrikaanse Leër (1980–1985) Bevelvoerende Generaal van Suidwes-Afrika (1977–1980) |
Veldslae/oorloë | Grensoorlog |
Geldenhuys is op 5 Februarie 1935 op Kroonstad, Oranje-Vrystaat in die Unie van Suid-Afrika gebore. Hy sluit in 1954 by die weermag aan. Hy was as hoof van die weermag betrokke by die onderhandelinge wat in 1989 tot die einde van die Grensoorlog gelei het.
In sy laaste jare het Geldenhuys aan alzheimersiekte gely. Hy is in die dae voor sy dood in die Jura Care Village-versorgingsoord in George, Wes-Kaap, Suid-Afrika, versorg, waar hy op 10 September 2018 oorlede is.
Bibliografie
wysig- 1995: Outobiografie
- 2009: Dié wat gewen het: Feite en fabels van die Bosoorlog
- 2009: At the front: A general’s account of South Africa’s Border War
- 2011: Ons was daar – Wenners van die oorlog om Suider-Afrika
Verwysings
wysig- ↑ "5 February 1935: General Jannie Geldenhuys is born" (in Engels). SA History.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Februarie 2007. Besoek op 21 November 2010.
- ↑ "Senior (High Office) Officers / Offisiere" (in Engels). SADF Info. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Augustus 2011. Besoek op 21 November 2010.
Bronne
wysig- (af) "Oudhoof van weermag sterf". Maroela Media. 10 September 2018. Besoek op 10 September 2018.
Verdere leesstof
wysig- (en) Geldenhuys, Jannie (2009). At the Front: A General's Account of South Africa's Border War. Johannesburg, South Africa: Jonathan Ball Publishers SA. ISBN 978-1-86842-331-6.
- (en) Cadman, Mike. "General Jannie Geldenhuys – Missing Voices Project" (pdf).