John Turner
John Napier Wyndham Turner, PC, CC, QC (gebore op 7 Junie 1929 - 18 September 2020) was 'n Kanadese prokureur en politikus, wat as die 17de Eerste Minister van Kanada gedien het van 30 Junie tot 17 September 1984.
John Turner | |
Turner op ouderdom van 80 in September 2009 | |
17de Eerste Minister van Kanada
| |
Ampstermyn 30 Junie 1984 – 17 September 1984 | |
Voorafgegaan deur | Pierre Trudeau |
---|---|
Opgevolg deur | Brian Mulroney |
Leier van die amptelike Opposisie van Kanada
| |
Ampstermyn 17 September 1984 – 7 February 1990 | |
Vise | Brian Mulroney |
Voorafgegaan deur | Brian Mulroney |
Opgevolg deur | Herb Gray |
Persoonlike besonderhede
| |
Gebore | 7 Junie 1929 Richmond, Londen, Engeland |
Sterf | 18 September 2020 |
Politieke party | Liberale Party van Kanada |
Eggenoot/-note | Geills Turner |
Kind(ers) | 4 |
Alma mater | Universiteit van Brits-Columbië Universiteit van Oxford Universiteit van Parys |
Religie | Rooms-Katoliek |
Tydens sy politieke loopbaan het Turner verskeie prominente Kanadese kabinetsposte beklee, insluitend Minister van Justisie en Minister van Finansies, onder Eerste Minister Pierre Trudeau (1968-1975). Te midde van 'n wêreldwye resessie en die vooruitsig om die ongewilde loon- en prysbeheer te implementeer, bedank Turner verbasend uit sy pos in 1975. Na 'n rustyd buite die politiek gedurende 1975-1984, keer Turner terug om die liberale leierskap suksesvol te betwis. Turner is Eerste Minister vir slegs 79 dae (die tweede kortste ampstermyn in die Kanadese geskiedenis ná Charles Tupper), toe hy die parlement ontbind onmiddellik nadat hy ingesweer is as Eerste Minister. Hy het die 1984-verkiesing verloor met 'n weghol oorwinning vir die opposisie. Turner het aangebly as liberale leier en leier van die amptelike opposisie vir die volgende ses jaar, waartydens hy sy party tot 'n matige herstel in die 1988-veldtog gelei het, maar bedank uit die politiek in 1990.
Verwysings
wysigHierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal. |