Jin-dinastie (1115-1234)
- Vir die dinastie met dieselfde naam van 265-420, sien Jin-dinastie (265-420).
Die Jin-dinastie (ou Afrikaanse spelling: Tsjin; 1115–1234), amptelik die Groot Jin (Chinees: 大金, Dà Jīn), is gestig deur die Wanyan-clan van die Jurge-volk, wat die voorouers van die Mantsjoe-volk was wat sowat 500 jaar later die Qing-dinastie gestig het. Die naam Kin word soms gebruik om dit te onderskei van die vroeëre Jìn-dinastie van China waarvan die naam op dieselfde manier gespel word in die Latynse alfabet.[1] Dit is ook bekend as die Jurgiese Dinastie.
| ||||
Die Jin-dinastie (blou) in 1141. | ||||
Hoofstad | Huining (1122–1153) Zhongdu (1153–1214) Kaifeng (1214–1233) Caizhou (1233–1234) | |||
Taal/Tale | Middel-Chinees, Jurgies, Khitan | |||
Godsdiens | Boeddhisme Taoïsme Konfusianisme Chinese volksreligie | |||
Regering | Monargie | |||
Keiser | ||||
- 1115–1123 | Taizoe (eerste) | |||
- 1234 | Modi (laaste) | |||
Historiese tydperk | Middeleeue | |||
- Stigting deur Taizoe | 28 Januarie 1115 | |||
- Verowering van Caizhou deur die Mongoolse Ryk | 9 Februarie 1234 | |||
Oppervlakte | ||||
- 1126 | 2 300 000 km2 888 035 sq mi | |||
- 1142 | 3 000 000 km2 1 158 306 sq mi | |||
Geldeenheid | Chinese munte en banknote |
Die Jurgiese stamme is verenig deur die hoofman en later eerste Jin-keiser, Wanyan Aguda (keiser Taizu), wat die Khitans se Liao-dinastie verower het. Tydens die bewind van Aguda se opvolger het die Jin oorlog verklaar teen die Song-dinastie en ’n groot deel van Noord-China verower. Die Song het na suid van die Yangtzerivier gevlug.
Die Jin-dinastie is eindelik verslaan deur die Mongoolse Ryk, wat eers Noord-China en daarna die hele China oorgeneem het.
Verwysings
wysig- ↑ Lipschutz, Leonard (1 Augustus 2000). Century-By-Century: A Summary of World History. iUniverse. p. 59. ISBN 978-0-595-12578-4. Besoek op 28 Junie 2014.
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Jin-dinastie (1115-1234).
- Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia