Kaliumdichromaat
Kaliumchromaat is 'n sout van kalium en dichroomsuur met formule K2Cr2O7. Chroom is hier in sy hoogste oksidasietoestand Cr(VI). Die stof is 'n sterk oksideermiddel en dit is baie korrosief, toksies en kankerverwekkend.[3]
Algemeen | |
---|---|
Naam | Kaliumdichromaat |
Chemiese formule | K2Cr2O7 |
Molêre massa | 294,18 g/mol [1] |
CAS-nommer | 7778-50-9[1] |
Voorkoms | Oranje vastestof[1] |
Reuk | geen |
Fasegedrag | |
Selkonstantes | a=1336.7 pm; b=737,6pm; 744,5 pm; α=90,75°; β=96,21°; γ=97,96°[2] |
Ruimtegroep | P1[2] |
Nommer | 2 |
Smeltpunt | 398 °C[1] |
Kookpunt | >500 °C (ontbind)[1] |
Digtheid | 2,680 [g/cm3] @20 °C[1] |
Oplosbaarheid | ong. 29,4 [g/L] @20 °C[1] |
Suur-basis eienskappe | |
pKa | |
Veiligheid | |
Flitspunt | onbrandbaar |
LD50 | 90,5 [mg/kg] (Rot; oraal) |
Tensy anders vermeld is alle data vir standaardtemperatuur en -druk toestande. | |
Portaal Chemie |
Kristalstruktuur
wysigTeen kamertemperatuur het die sout 'n trikliniese struktuur met kaliumione omring deur 8-9 suurstofatome wat behoort aan haltervormige dichromaatione Cr2O2−7 wat bestaan uit twee CrO4-tetraëders wat een suurstof atoom deel. Die twee tetraëders is amper in 'n eklipskonformasie. Haltervormige M2O7-eenhede is ook bekend van sorosilikate en pirofosfate soos β-Ca2P2O7 en Na4P2O7.10H2O.[2]
Chemiese eienskappe
wysigKaliumdichromaat is 'n sterk oksiedasiemiddel. Met 'n reduktor soos swael gee dit chroom(III)oksied:[4]
Reduksie met SO2 van 'n oplossing van kaliumdichromaat en swawelsuur gee chroomaluin:
Kaliumdichromaat kan verkry word deur swawelsuur by 'n oplossing van kaliumchromaat te voeg:
Die reaksie kan opgekeer word deur loog by te voeg:
Aanwendings
wysigKaliumdichromaat word saam met wolfram en yster in vuurwerk gebruik. Dit word as preserveermiddel vir hout aangewend en vir die sintese van kleurstowwe gebruik.[3]
Verwysings
wysig
- ↑ 1,0 1,1 1,2 1,3 1,4 1,5 1,6 "SDS". Sigma Aldrich. Besoek op 10 Augustus 2023.
- ↑ 2,0 2,1 2,2 J. K. BRANDON' AND I. D. BROWN (1968). ""An accurate determination of the crystal structure of triclinic potassium dichromate, K, Cr, 0, "". Canadian Journal of Chemistry. 46 (6). doi:10.1139/v68-155.
{{cite journal}}
: AS1-onderhoud: gebruik authors-parameter (link) - ↑ 3,0 3,1 "Potassium dichromate". PubChem.
- ↑ Roscoe; Van der Plaats (1903). Roscoe's beknopt leerboek der scheikunde. Van Broekhoven.
{{cite book}}
: AS1-onderhoud: gebruik authors-parameter (link)