Kappie Botha
Kappie Botha is op 22 Mei 1917 gebore.[1] Hy het eers op Worcester as ’n snyer en kleremaker gewerk en daarna na die Paarl verhuis. Hy het later met die rolprentkamera begin eksperimenteer en is deur dr. Anton Rupert gevra om ’n reklamefilm oor die Rembrandt-maatskappy te maak vir die destydse African Mirror.
Kappie Botha | |
Geboorte | 22 Mei 1917 Rawsonville |
---|---|
Sterfte | 13 Mei 1997 George |
Nasionaliteit | Suid-Afrika |
Beroep(e) | Regisseur |
Aktiewe jare | 1958-1972 |
Rolprente | K9 Baaspatrolliehond, Hulda Versteegh MD, Voortreflike Familie Smit, Die Hele Dorp Weet |
Internet-rolprentdatabasis-profiel |
Later het Kappie by Carfo (Christelike Afrikaanse Radio en Film Organisasie) aangesluit en het hy een van die baanbrekers op die gebied van die Afrikaanse film geword. Hy is op 13 Mei 1997, enkele dae voor sy tagtigste verjaardag, op George oorlede.
Filmografie
wysig- K9 Baaspatrolliehond, 1972
- Hulda Versteegh MD, 1970
- Twee Broeders Ry Saam, 1968
- Bennie-Boet, 1967
- Voortreflike Familie Smit, 1965
- Die Hele Dorp Weet, 1961
- Kyk na die Sterre, 1960
- Ek Sal Opstaan, 1958
Verwysings
wysig- ↑ http://blogs.litnet.co.za/kobusvictor/2010/01/27/kappie-botha-pionier-filmmaker/ Geargiveer 4 Maart 2016 op Wayback Machine Kappie Botha pionier filmmaker