Die Kenia Rugbyunie (Engels: Kenia Rugby Union, afgekort “KRU”) is die beheerliggaam vir rugby in Kenia. Dit is in 1970 gestig en is verbonde aan Rugby Afrika en die internasionale beheerliggaam Wêreldrugby.[1]

Kenia Rugbyunie
Kenteken van die Kenia Rugbyunie
Kenteken van die Kenia Rugbyunie
Engelse naam Kenya Rugby Union
Afkorting KRU
Land Vlag van Kenia Kenia
Sportsoorte Rugby, Sewesrugby
Stigting 1970
Gestig in Nairobi, Kenia
Lid van Wêreldrugby
Aangesluit in 1988
Vastelandse beheerliggaam Rugby Afrika
Setel Nairobi, Kenia
Amptelike taal Engels
Amptelike webwerf kru.co.ke

KRU is verantwoordelik vir die bestuur van die Keniaanse nasionale rugbyspan, sowel as plaaslike klub- en skolerugbykompetisies. Die unie deel ’n tuisveld, die RFUEA-veld in Nairobi, met Kenia Harlequins. Die Kenia Rugbyunie hou ook toesig oor Sewesrugby in Kenia en aangesien dit ’n Olimpiese sportsoort is, werk hulle met die Keniaanse Nasionale Olimpiese Komitee saam. Die Kenia Rugbyunie is ’n lid van Rugby Afrika en neem saam met ander opkomende rugbynasies aan die Afrikabeker deel.

HerkomsWysig

Die Rugbyvoetbalunie van Kenia (RFU-K) is oorspronklik in Augustus 1921 gestig en het teen 1923 operasioneel geword met die vorming van die eerste Nairobi klubs, Nondescripts RFC en Harlequin RFC. In 1953 het die rugbyunies van Tanganjika en Uganda by die RFU-K aangesluit om die Rugbyvoetbalunie van Oos-Afrika (RFUEA) te word, ter verteenwoordiging van die kolonies van Brits Oos-Afrika.[2] In 1956 is RFU-K ontbind weens meeste distriksunies wat reeds direk aan RFUEA verbind was. In 1970 is die huidige Kenia Rugbyunie in Nairobi gestig.

VerwysingsWysig

  1. (en) "Member Unions". Wêreldrugby. Besoek op 7 April 2021.
  2. (en) John Nauright (6 April 2012). Sports around the World: History, Culture, and Practice [4 volumes]: History, Culture, and Practice. ABC-CLIO. pp. 146–. ISBN 978-1-59884-301-9.

Eksterne skakelsWysig


Nasionale Rugbyunies van Wêreldrugby

Argentinië | Australië | Duitsland | Engeland | Frankryk | Ierland | Italië | Japan | Kenia | Nieu-Seeland | Skotland | Suid-Afrika | Wallis


Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.