Kiel (sterrebeeld)
Die Kiel (Latyn: Carina) is ’n sterrebeeld in die suidelike hemelruim. Dit verteenwoordig die kiel van ’n skip en was oorspronklik deel van ’n groot sterrebeeld, die skip van "Jason en die Argonoute" (Argo Navis), wat eeue later in drie dele verdeel is – die ander twee is die Agterdek en die Seile.
Kiel | ||||
Latynse naam | Carina | |||
Genitief | Carinae | |||
Afkorting | Car | |||
Waarnemingsdata (Epog J2000) | ||||
Regte klimming | 9h | |||
Deklinasie | -60º | |||
Grootte | 494 vk. grade (34ste) | |||
Kwadrant | SQ2 | |||
Besonderhede | ||||
Hoofsterre | 9 | |||
Helderste ster | Alpha Carinae (Canopus) | |||
Naaste ster | LHS 288 | |||
Sterre helderder as 3 m | 6 | |||
Sterre met planete | 9 | |||
Messier-voorwerpe | 0 | |||
Bayer-/Flamsteed-sterre | 52 | |||
Meteoorreëns | Alpha Carinids, Eta Carinids | |||
Aangrensende sterrebeelde | ||||
Agterdek , Seile Silder, Vlieënde Vis, Vlieg, Kameleon, Sentour | ||||
|
Ruimtevoorwerpe
wysigDie Kiel bevat Canopus, die tweede helderste ster in die naghemel, asook die asterisme bekend as die Diamantkruis, wat groter as die Suiderkruis is, maar dowwer en, relatief tot die Suiderkruis, onderstebo. Nes die Vals Kruis word die Diamantkruis soms verkeerdelik as die Suiderkruis aangesien.
Carina is bekend vir sy enorme newel met dieselfde naam, wat verskeie newels bevat. Dit is 8 000 ligjare weg en 300 ligjare wyd met groot stervormende streke.
Aangesien die Melkweg deur die Kiel loop, is daar talle oop sterreswerms in die sterrebeeld, soos NGC 2516 en IC 2602. Laasgenoemde is algemeen bekend as die "Suidelike Plejades".
Carina bevat ook die bolvormige sterreswerm NGC 2808, wat met die blote oog sigbaar is. Epsilon Carinae en Upsilon Carinae is dubbelsterre wat met klein teleskope gesien kan word.
Verwysings
wysig- Ridpath, Ian en Tirion, Wil (2007). Stars and Planets Guide, Collins, Londen. ISBN 978-0-00-725120-9. Princeton University Press, Princeton. ISBN 978-0-691-13556-4.
Eksterne skakels
wysig- The Deep Photographic Guide to the Constellations: Carina
- Starry Night Photography: Carina
- Eta Carina Nebula deur Thomas Willig Geargiveer 4 Maart 2016 op Wayback Machine
- Star Tales – Carina
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Kiel (sterrebeeld).
- Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia