Wildeperske
Die wildeperske (Kiggelaria africana) is 'n klein tot middelslagboom. Hulle kom voor in immergroenwoude en op berggrasveld. Dit kom in al die provinsies van Suid-Afrika[1] en asook Eswatini, Ethiopië, Lesotho, Malawi, Mosambiek, Namibië, Tanzanië en Zimbabwe[2] voor.
Wildeperske | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
(geen rang): | |
(geen rang): | |
(geen rang): | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | K. africana
|
Binomiale naam | |
Kiggelaria africana | |
Sinonieme | |
Die blare het dikwels klein stippels aan die onderkant wat van die bokant af na knoppe lyk; dit staan bekend as akadoromatia. Die vrugte is skurf en vratterig en is sowat 1,5 cm in deursnee. Die sade is swart en oortrek met 'n klewerige rooi laag. Dié bome is gasheer vir die larwes van die tuinrooitjieskoenlapper (Acraea horta), wat dikwels in groot getalle voorkom en 'n boom volkome kan ontblaar.
Die boom se FSA-nommer is 494[3]. Daar is net een spesie in die genus en dit is dus 'n monotipiese takson.
Galery
wysig-
Jong boompie -
Manlike blom -
Loof en vroulike blomme -
Geslote vrugkapsules -
Oop vrugkapsule met rooi sade -
Papie van die tuinrooitjie
Sien ook
wysigVerwysings
wysig- ↑ "SANBI-rooilys" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 Junie 2020.
- ↑ "Flora of Zimbabwe" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 Februarie 2017.
- ↑ https://www.treetags.co.za/national-list-of-indigenous-trees/
Bronne
wysig- Algemene gids tot BOME. Keith, Paul & Meg Coates Palgrave. 2000. ISBN 1-86872-527-8
- REDLIST Sanbi
- Plants of the World Online