Klawer, Wes-Kaap
Klawer is 'n redelike klein dorp in die Noordweste van die Wes-Kaap aan die N7 nasionale pad, 24 km wes-suidwes van Vanrhynsdorp en 283 km van Kaapstad. Die naam is ontleen aan die wildeklawer wat in die omgewing groei.
Klawer | |
---|---|
Klawer se spoorwegstasie | |
Koördinate: 31°47′S 18°37′O / 31.783°S 18.617°O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Wes-Kaap |
Distrik | Weskus |
Munisipaliteit | Matzikama |
Oppervlak | |
• Totaal | 6,41 km2 (2,47 vk. myl) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 6 234 |
• Digtheid | 973/km2 (2 520/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 13.6% |
• Indiërs/Asiërs | 1.0% |
• Bruin mense | 75.3% |
• Swart mense | 9.4% |
• Ander | 0.7% |
Taal (2011) | |
• Afrikaans | 89.2% |
• Xhosa | 4.6% |
• Gebaretaal | 3.1% |
• Engels | 1.3% |
• Ander | 1.8% |
Poskode (strate) | 8145 |
Poskode (posbusse) | 8145 |
Skakelkode | 027 |
Geskiedenis
wysigDit is een van die jonger dorpe in die Matzikama munisipaliteit. Die NG gemeente Klawer is op 14 Desember 1949 afgestig. Die hele gemeente van 560 lidmate was, met uitsondering van 10 huisgesinne, voorheen deel van die gemeente Vanrhynsdorp.
Wapen
wysigKlawer het op 'n stadium sy eie munisipaliteit gehad. Die raad het in 1987 'n wapen by die Buro vir Heraldiek geregistreer.[2]
Die wapen is : In goud, 'n deurlopende ingeboe groen punt belaai met 'n silwer treinwiel, in die skildhoof vergesel van twee groen klawerblare. Die helmteken bestaan uit twee druiwetrosse en twee klawerblare. Die wapenspreuk is Nil sine labore.
Besienswaardighede
wysigKlawer word jaarliks in die lente in 'n tipiese Namakwalandse blommeparadys omskep. Vlotry word op die Doringrivier aangebied, 'n ideale manier om die rivier te verken, asook rotskuns naby sy oewers. Die plaas Windhoek, sowat 7 km buite die dorp, bied 'n geskiedkundige blik op die omgewing. Hier het die troepe van generaal Jan Smuts in 1902 met die Britte slaags geraak. Die Khoi en Boesmans se nalatenskap van rotskuns kan ook hier gesien word.
Sien ook
wysigVerwysings
wysigEksterne skakels
wysig- Toeriste-inligting Geargiveer 4 Mei 2007 op Wayback Machine
- Amptelike Weskus-toerismeblad Geargiveer 27 September 2007 op Wayback Machine