Kortsnoetgrasslang
Die Kortsnoetgrasslang (Psammophis brevirostris) is 'n slang wat meestal aan die oostekant en sentrale deel van Suider-Afrika voorkom insluitend suid tot sentraal Mosambiek. Dit sluit die Wes-Kaap, Oos-Kaap, Vrystaat en Namibië uit.
Kortsnoetgrasslang | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Suborde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | P. brevirostris
|
Binomiale naam | |
Psammophis brevirostris Peters, 1881
|
Voorkoms
wysigDie rugkant is olyfbruin met 'n ligte mediaanstippelstreeplyn. Weerskante daarvan is tot drie rye skubbe met donkerbruin of swart rande wat smal strepe vorm. Daar is ook smal, ligter bruin streep wat in die lengte langs die swart strepe strek. Die sye is lig- tot rooibruin. Die pens is wit of gelerig, soms met swart kolle weerskante.
Die slang verkies grasvelde, vogtige savanne en laaglandwoude in die ooste en Karoostruikveld in die weste.
Die slang is wakker en vinnig wat haastig skuiling soek wanneer dit gesteur word. Dit sal ook soms doodstil lê totdat uitgejaag word. Dit byt gou indien dit hanteer word. Indien die slang aan die stert gegryp word sal dit woes rondtol wat soms die stert kan laat afbreek en dit kans gee om te ontsnap.
Sy natuurlike vyande is ander slange, karnivore en roofvoëls. Dit vreet ander slange, knaagdiere, klein voëltjies en akkedisse, veral skinke.
Die slang is ovipaar en lê 4 tot 15 eiers in die somer. Die kleintjies is 19 tot 27 cm lank. Die wyfie kan meer as een broeisel per seisoen hê.
Gif
wysigDie word nie as skadelik beskou nie en hou geen gevaar vir die mens in nie.
Sien ook
wysigBron
wysig- Slange & slangbyt in Suider-Afrika. Johan Marais. Struik Nature. 2014 ISBN 978 1 77584 024 4